Historiese Geskiedenis van Pretoriase Normaalkollege

Pretoriase Normaalkollege (Rissikstr, Sunnyside) is op 2 September 1902 gestig, net na die Anglo-Boereoorlog. Die idee van die embleem was dié van Natie du Toit. Sy was’n verpleegster in die konsentrasiekamp op Middelburg. Te midde van al die lyding het duisende aronskelke in die vleie om die kamp gedy. Natie het armsvol daarvan gepluk om die tente van siekes te versier en om kransies van te maak. Die aronskelke is dus simbolies van skoonheid en hoop. Die drie aronskelke dui op die oorlog wat drie jaar geduur het.) Dissipline by die NKP was baie streng – bedags mag dames nie op straat saam met mans gesien word nie. Een dosent het vir hulle gesê dis geheel en al “onnodig” om met ‘n man te praat! Op 26 Junie 1903 het 39 studente die kollege verlaat as die eerste gekwalifiseerde onderwysers in Transvaal.
Read more
  • 0