Onwettige grondbesetting op R21 veroorsaak chaos

Onwettige grondbesetters het weereens chaos veroorsaak. Hierdie keer op die R21 naby Olifantsfontein. Die hoofweg is deur protesteerders geblokkeer vir verkeer, ‘n vragmotor is aan die brand gesteek en motoriste is met klippe bestook. ‘n Onbekende persoon is dood tydens die optrede maar die oorsaak van sy dood kon nie vasgestel word nie. Verkeer vanaf die lughawe na Pretoria is ontwrig deur rommel wat op die pad gestort is en die pad is laat Sondagmiddag vir verkeer oopgestel nadat polisie die rommel verwyder het. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0