Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar! SAUK Dank U Vir U Ondersteuning en Vra Om Hulp in Die Nuwe Jaar

In die gees van Kersfees en samesyn en gemeenskap, wil ons graag vir al ons volgers, lesers, luisteraars en kykers 'n Geseënde Kersfees toewens en hoop die samesyn met familie, vriende en volksgenote is vol vreugde en goeie herinneringe! Dankie vir U ondersteuning dusver en ons hoop om net te verbeter in die Nuwe Jaar, met U hulp. Ons gaan voort met ons organiese groei strategie maar wil graag ons ondersteuners vra om meer betrokke te raak, en ons te help om die platform te word wat ons volkie so erg benodig. Die staat gee hope geld aan ander volke maar ons kry niks. Inderdaad ons ontvang geen fondse vanuit enige oord en dit gaan maar soms broekskeur hier, en ons is bewus ons diens het soms baie te wense, en dit is ook waarom ons om hulp vra. Wat wil U hê die platform moet wees? Een ding wat ons wel het, is volgers wat ryk aan ondervinding, wysheid, idees, geloof en lojaliteit is, en ons wil graag dié bron delg om die platform vir Afrikaans verder uit te bou. Hoe wil U hê i…
Read more
  • 0

Gewilde Hartland program van lug af gehaal by Pretoria FM

Luisteraars van Pretoria FM, voorheen bekend as Radio Pretoria, het penregop gesit toe hulle oor die lug verneem dat een van die gewildste programme summier van die lug verwyder is. Skynbaar is ander ewe gewilde programme se tydsduur gehalveer, want “daar moet minder gepraat word” op die radio. Ander programme soos Fokus, waar veral Solidariteit ‘n groot rol speel en waar mense soos mnre. Flip Buys, Jaco Kleynhans en ander uit die Solidariteit dampkring, onbeperkte spreektyd het, word skynbaar nie geraak nie, en volgens die direksie voorsitter, Willie Spies, in ‘n antwoord op mnr. Bennie van Zyl se Facebook inskrywing, gaan Fokus nou Hartland se plek inneem. Die “minder praat” is dus skynbaar net van toepassing op sekere sprekers. Die gewilde program Hartland is skielik deur die nuwe uitvoerende bestuurder, mnr. Hennie Koortz, nek-om gedraai, en Marianne Breytenbach, uiters bekwame en geliefde aanbieder van die indiepte nuusagtergrond program, het die aankondiging …
Read more
  • 0