Bejaardes lê ure vasgebind na plaasaanvallers inreek by hul plaashuis naby Pretoria

’n Egpaar van in hul 80’s moes heelaand vasgebind lê terwyl rowers hul plaashuis geplunder het. James (84) en Lenie Leask (87) van Boekenhoutskloofdrift, tussen Pretoria en Cullinan, kon eers Maandagoggend om 07:00 hulp ontbied toe hul werkers ingekom het. André van Heerden van die Cullinan-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê die egpaar is nie seker presies wanneer die aanvallers Sondagaand die huis ingekom het nie, maar hulle het wakker geword toe ’n flitslig in hul oë geskyn word. Dit is onbekend of die rowers gewapen was, maar daar was vermoedelik drie van hulle. Hulle het die diefwering voor een van die vensters afgeknip, waarna hulle die slapende Leasks in hul slaapkamer verras het. “Die slagoffers is met elektriese koorde vasgebind en die kamerdeur is van buite af gesluit. Daarna het die rowers deur die hele huis, byna elke laai en kas, gegrawe. “Hulle het van die drank in die huis gedrink en elektroniese toerusting, soos selfone, ’n televisie en skoot…
Read more
  • 0

Huiseienaar word gedreig nadat hy 2 rowers afmaai by sy woning

Jy is ’n moordenaar! Ons gaan jou doodmaak, jou moordenaar! -Dít was die woorde van ’n groep mense wat Maandagoggend voor ’n huis in Lynnwoodrif, Pretoria, bymekaargekom het nadat die huiseienaar Saterdag twee rowers by dié huis doodgeskiet het. Die huiseienaar het intussen Maandag ’n klag van intimidasie by die Garsfontein-polisiekantoor ingedien. Luidens sy verklaring aan die polisie het sy tuinwerker hom omstreeks 10:00 geroep en gesê daar is “baie mense voor die hek wat lawaai” en dat hy moet gaan ondersoek instel. Buite sy hek het hy tien mense gesien, onder wie vier vroue. Intussen het ’n veiligheidsbeampte van Interactive Security op die toneel opgedaag. Die mense het op die huiseienaar geskree en hom ’n moordenaar genoem. Een vrou het geskree: “Jy is ’n moordenaar! Nou het ons jou adres. Ons sal jou doodmaak, jou moordenaar,” lui die polisieverklaring. Hy het die veiligheidsbeampte gevra om die polisie te ontbied, waarna die groep mense in hul voert…
Read more
  • 0

Centurion-lisensiekantoor gesluit ná rooftog

Die lisensiekantore in Centurion is Woensdag gesluit ná ʼn rooftog Dinsdagaand. Daar is verskeie rekenaars en kameras tydens die aanval gebuit. Die Tshwane-metropolisie het in ʼn verklaring gesê die kantore is gesluit om die SAPDmtoe te laat om hul ondersoek ongehinderd uit te voer. Volgens die metropolisie en die munisipaliteit sal die kantore Donderdag weer oopwees, maar sal daar slegs beperkte dienste aangebied word. ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat rekenaars, eNaTIS-skerms en ander rekenaartoerusting gesteel is. Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die dienste wat Donderdag beskikbaar sal wees, sluit leerlinglisensies, praktiese toeste vir bestuurslisensies en die afhaal van nuwe lisensiekaarte in. “Daar sal tot verdere kennisgewing geen lisensiehernuwingsversoeke verwerk word nie. Mense kan in die tussentyd Akasia en Bronkhorstspruit se lisensiekantore besoek vir dié diens,” het Mahamba gesê.
Read more
  • 0