Pretoria tot stilstand gebring deur vullisverwyderaars van SAMWU

Verkeer in Pretoria sentraal is tot stilstand gebring laas week deur protesoptogte van van vullisverwyderaars wat aan SAMWU vakverbond behoort. Die werkers kla dat hulle in onveilige werkstoestande verkeer en vrees vir die moontlike opdoen van siektes. Persoonlike beskermingstoerusting word geis vir alle werkers, terwyl hulle ook nuwe vullisverwydering vragmotors eis.
Read more
  • 0

Die busse in die Tshwane-metro ry al weer nie

Selby Bokaba, woordvoerder van die metro, sê busbestuurders het Woensdag omstreeks 12:00 opgehou werk en alle hekke by al die busdepots gesluit om busse te verhinder om die depots te verlaat. “Hulle weier om redes te verskaf waarom hulle staak.” Die stakende busbestuurders is lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu). “Ander busbestuurders van ander vakbonde soos Imatu (die Municipal and Allied Trade Union) wil werk, maar het uit vrees vir hul lewe ook nie vir werk opgedaag nie.” Die metro sal dringend met die stakende werkers vergader om ’n oplossing te probeer vind om hul “onbekende griewe” te hanteer. “Die bestuur van die metro meen onderhandelings is die beste en enigste oplossing om die griewe van die werknemers op te klaar, wat dit ook al mag wees. “Ons vra ons buspendelaars om verskoning vir die ongerief wat hulle weens die staking ervaar. Ons doen ’n beroep op hulle om ander reisreëlings te tref. Ons sal hulle op die hoogte van sake h…
Read more
  • 0