EFF Beledig Vakbonde en hou Onwettige Betoging by Ouetehuis in Pretoria, want Alles is mos glo “Rassisme”…

Die EFF se sogenaamde arbeiderslessenaar in Pretoria het Woensdagoggend ‘n onwettige betoging gehou by die ouetehuis Huis Herfsblaar, maar hulle is onder beheer gehou deur Polisie en die Bittereinders group wat gevra is om te help. Daar is glo meningsverskil oor lone en die sosialistiese EFF het blykbaar hulself nou as vakbond en regter aangestel? (more…)
Read more
  • 0

SAPD het Misluk om Gemeenskappe en Besighede te Beveilig in Onlangse ANC Onluste en Moet dus die Wapenwetsontwerp Terug Trek!

Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was! (more…)
Read more
  • 0

Het Ramaphosa #FreeZuma Onderskat? Suid Afrika Brand! Grootste Raffinadery, Suikermeule, Winkels, Hoofpaaie en Openbare Vervoer Sluit Weens Onluste!

Die #FreeZuma onluste maak wêreldwye nuus, met Fox News wat berig oor die onluste en plundery as dieselfde as “wat ons gesien het in Amerika,” met verwysing na BLM se landswye onluste en plundering laas jaar aangehits deur die Demokrate. Ramaphosa kon seker nie die geleentheid om die leier van sy politieke opposisie in hegtenis te neem, van die hand wys nie, maar het hy ‘n groter bomb aangesteek as wat self hy gedink het, want dit blyk dat die ANC regime glad nie daarvoor voorbereid was nie! (more…)
Read more
  • 0

Ramaphosa Ontplooi Weermag na KZN en Gauteng om Pro Zuma Proteste, Geweld, Plundering en Politieke Opposisie te Stuit!

Ramaphosa en sy ANC faksie het misluk om die pro Zuma faksie proteste te marginaliseer, en moes die Suid-Afrikaanse weermag se magte in twee provinsies ontplooi, ná wydverspreide pro Zuma geweld en plundering wat onder ander paaie versper het, ‘n winkelsentrum aan die brand gesteek het, met verskeie dood en meer as 200 inhegtenisnemings na die gevangenskap van die leier van Ramaphosa se politieke opposisie, oud President Jacob Zuma. (more…)
Read more
  • 0

NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie. (more…)
Read more
  • 0