Lede van EFF beset grond onwettig by Silver Lakes, Boschkop in Pta – toekomstige nedersettings heet selfs ‘Winnie Mandela View’

Die organisasie Sakeliga sê grond is sedert die begin van vanjaar onwettig by Silver Lakes en Boschkop in die Tshwane-metrogebied beset en waarsku mense om waaksaam te wees teen dié soort optrede. “Die afgelope week het groepies grondbesetters, wat sê hulle is van die EFF, probeer om grond van ontwikkelaars noordoos van Pretoria te beset. Grondbesetters het op verskeie terreine by Silver Lakes en Boschkop toegeslaan en ‘erwe’ op die eiendomme probeer skoonmaak. Hulle noem hierdie toekomstige nedersettings selfs ‘Winnie Mandela View’, met blykbaar minstens drie uitbreidings daarvan,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê. Hy sê die polisie se optrede en regstappe het die proses tot dusver grootliks gestuit. Taktiek om grond te beset Sakeliga sê dit blyk dat grondbesetters verkenningsprosedures volg om onbewaakte grond te identifiseer voordat hulle permanente strukture begin oprig. Grondbesetters doen oënskynlik eers dié verkenningswerk om die reaksie …
Read more
  • 0