Onwettige grondbesetters dreig media en AfriForum met petrolbomme

’n Spul onwettige grond gryppers het verteenwoordigers van AfriForum sowel ’n mediaspan Maandagoggend met petrolbomme gedreig op ’n grondeienaar se plaas net buite Pretoria. Die grond word tans onwettig beset en die plakkers het hul teengesit vir samesprekings en onderhoude met met die media. Die stuk grond ter sprake behoort aan ene dr. Motodi Maserumule en is geleë tussen Soshanguve en Onderstepoort. Na bewering het ongeveer 150 mense verlede Maandag onwettige sinkhuise begin oprig op die grond. Volgens Cameron het die plakkers laas week baie vinnig ’n sinkhuisie met die woord “Office” op opgerig en is tans besig om erwe teen R500 stuk aan lede van die publiek te verkoop. Cameron het ook te vertel dat Maserumule aanvanklik gesukkel het om ’n saak by die polisie te open. Met behulp van AfriForum kon hul daarin slaag om ’n saak van betreding by die polisie aanhangig maak verlede Woensdag. “Teen verlede week Vrydag was hier seker so 30 strukture opgerig, maar oor die na…
Read more
  • 0