Waarskuwing: Nuwe dwelm middel, soortgelyk aan dagga, laat beland jong tieners in ernstige toestand in hospitaal

Polisie het dringend 'n onbekende stof vir forensiese toetsing gestuur, na 14 jong volwassenes en tieners wat in Pretoria woonagtig is na die hospitaal gehaas moes word nadat hulle ’n onbekende kruiemengsel wat bekend staan as puff or blazing gebruik het. Dit kom na die voorval waar drie tieners van Pretoria-Wes, Maandagmiddag na die hospitaal gehaas moet word, geklee nog in hul skooldrag, nadat hulle die onbekende stof gerook het. Xander Loubser, woordvoerder van BestCare, het die voorval bevestig en gesê dat die drie tieners in 'n ernstige toestand was en is behandel vir simptome soos aanvalle, psigose, naarheid, braking en hallusinasies. Al drie tieners is gestabiliseer en na die Eugene Marais-hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg. https://youtu.be/VA8K6RLqHoo In 'n video wat wat geneem is, kan gesien word hoe een van die leerlinge, met ’n drup in sy arm, hewig veg en baklei met een van die paramedici. Daar kan ook op die greep gehoor word dat die seun on…
Read more
  • 0