Ingang van Hoërskool Hendrik Verwoerd gaan dalk binnekort ‘n nuwe naambord kry

Die bal is nou behoorlik aan die rol gesit om die Hoërskool Hendrik Verwoerd in die Pretoriase Moot eersdaags ʼn nuwe naam te gee. Volgens Olga Veldsman, voorsitter van die skool se beheerliggaam, is daar ʼn paar name op ʼn kortlys geplaas wat hierdie week aan die departement van onderwys gestuur is vir goedkeuring. Die skool het sedert 19 Februarie voorstelle vir ʼn nuwe naam ingevorder en die proses is op 19 Maart afgesluit. “Leerlinge, onderwysers, ouers, oudleerlinge en die gemeenskap kon voorstelle vir ʼn nuwe naam vir die skool maak,” het sy gesê. Veldsman wou egter nie in hierdie stadium oor enige van die voorstelle wat die kortlys gehaal het uitbrei nie en het enige verdere navrae oor die name na die onderwysdepartement verwys. Dit is ook nog nie seker wanneer die nuwe naam van die skool bekengemaak sal word nie. Sy het wel benadruk dat die skool en die beheerliggaam verbind is tot die waardes en doelwitte wat deur die onderwysdepartement uiteengesit word. “Di…
Read more
  • 0