Slagpale in Pretoria gesluit ná bakterie in vleismonsters gevind word

Die Gautengse department van Gesondheid het ‘n slagpale in Pretoria gesluit na vleismonsters van dié slagpale positief getoets het vir die Listeriose bakterie. Die slagpale mag nie enige produkte verkoop tot hulle aan die vereistes van die departement voldoen nie. Dit sluit in dat die bron van die organisme bepaal word, ontsmetting van die perseel plaasvind en monsters van die werksoppervlaktes en water voor en na ontsmetting gedoen word. Vroeër vanjaar het die Nasionale Departement van Gesondheid ‘n uitbraak van Listeriose aangekondig na ten minste 365 gevalle van dié toestand en 28 sterfgevalle aangemeld is. Die departement van Gesondheid het die afgelope tyd hard gewerk om die bron van die uitbraak vas te stel. Na ‘n pasiënt onlangs met die toestand gediagnoseer is, kon die department die bron van die besmette vleis na die betrokke slagpale in Pretoria naspoor. Die Gautengse Department van Gesondheid het ook monsters ook aan die “National Institute for communicalble…
Read more
  • 0