Grafmonument van president Paul Kruger geskend

Die grafmonument van president Paul Kruger op die Heldeakker in Pretoria is beskadig. Die Vryburger is in kennis gestel dat die kopstuk afgebreek is deur onbekendes. Pretoria munisipaliteit het op die beskadigde beeld afgekom en die kopstuk in hulle stoor geberg. Dit is nog nie seker wat nou daarmee gaan gebeur nie, maar die verwagting is dat volksorganisasies sal inspring en seker maak dat die graf en standbeeld herstel sal word. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0

EFF: As die Stad Tshwane nie die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein af verwyder nie,sal ons dit doen

“Ons doen ’n belangrike beroep op die Stad Tshwane, as hoofstad van die land, om Madikizela-Mandela te vereer. Sy het ’n enorme bydrae tot die land gelewer en word nie genoeg daarvoor vereer nie,” het Mabogoane Donderdag by navraag gesê. Hy sê die EFF het die Tshwane-metro twee opsies gegee: Kruger se standbeeld word óf verskuif na ’n ander plek, of word heeltemal gesloop. “Ons vra nog altyd dat die standbeeld verwyder word. Dit is ’n belediging vir swart mense. Indien die stad dit nie verwyder nie, sal ons dit self doen, ons het dit al voorheen gedoen.” Mabogoane sê hulle het in die stadium nie ’n sperdatum vir die stad om die standbeeld te verwyder nie, maar hulle is ernstig oor die saak. Hy sê dit is deel van die EFF se mandaat om ontslae te raak van alle simbole en standbeelde wat aan apartheid gekoppel is. Intussen het die VF Plus in ’n verklaring gesê hy distansieer hom van die EFF se versoek dat die standbeeld van Kruger vervang moet word met dié van Madik…
Read more
  • 0