Tuks faseer tans Afrikaans uit as onderrigtaal – slegs Engels sal nou as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik word

Die Universiteit van Pretoria tans besig om Afrikaans as die amptelike onderrigtaal by al sy kampusse en koshuise uit te faseer. Die universiteit sal nou slegs Engels as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik. Rikus Delport, woordvoerder van die Universiteit, het gesê die beleid is in 2016 deur die universiteit se raad en senaat aangeneem ná 'n uitgebreide konsultasieproses en aanbevelings van alle belanghebbende partye. "Die verandering in beleid is daarop gemik om maatskaplike samehorigheid te fasiliteer en die universiteit sal steeds meertaligheid omhels en aanmoedig om eenheid te bevorder en gelyke geleenthede vir sprekers van alle Suid-Afrikaanse tale te bied," het hy gesê. Delport het gesê die besluit van die onderskeie belangegroepe is deur die bevindings ingelig dat die persentasie studente wat hul huistaal as Afrikaans aangemeld het, tussen 1992 en 2015 van 85% tot 30% afgeneem het. "In 2016 het ongeveer 18% van die studente 'n voorkeur v…
Read more
  • 0

Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie bring Pretoria tot stilstand tydens protestoptogte

Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het weereens die strate ingevaar en verkeer in die sentrale gedeeltes van Pretoria ontwrig. Klasse is ontwrig en studente eis die kop van die polisieman wat Andries Monareng glo doodgeskiet het. Die studente het gedreig dat hul die hele Pretoria tot stilstand sal bring. Winkels is gesluit en berigte van stropery by wegneem eetplekke is aangemeld. Die polisie ontken intussen steeds dat hulle verantwoordelik was vir die dood van Monareng. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0