Onteiening sonder vergoeding word onder loep gebring by Sege

Die Studiegroep vir Eietydse geskiedenis, Sege, hou eerskomende Maandag, 26 Maart, sy maandelikse byeenkoms by ‘n bekende restaurant in Pretoria. Die spreker wat tydens die middagete sal optree, is mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA. Hy sal die huidige grondkwessie en die eise oor onteiening sonder vergoeding onder die loep neem, sy standpunt daaroor uiteensit en sê wat die boere se houding is daaroor. Mense wat die byeenkoms wil bywoon, moet net hulle teenwoordigheid bevestig teen Vrydag 23 Maart voor 15:00, deur te skakel of ‘n boodskap te stuur na mev. Alda van de Graaf by tel. 082 681 2522. Foto: mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0