Emfuleni Gebruikers se Krag Sonder Kennis Afgesny Maar 12 Raadslede wat R355,010 Skuld Word nie Diskonnekteer nie!

#DirtyDozen - Inwoners en besighede in die Goue Driehoek is woedend oor onwettige ELM-kragonderbrekings weens beweerde wanbetaling, terwyl twaalf raadslede van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM), wat die welverdiende doopnaam van "Dirty Dozen" gekry het, se krag nie afgesny is nie na klaarblyklike begunstiging, nieteenstaande die feit dat hulle tesame R355,010 skuld in uitstaande elektrisiteit paaiemente. Gewone mense aan die anderkant is summier afgesny sonder kennis of waarskuwing. (more…)
Read more
  • 0

AfriForum begin met regstappe teen onwettige tariefverhogings vir Pretorianers wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het

Inwoners van Pretoria en die groter metro sal moet saamstaan teen die onwettige tariefverhogings wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het. Om dié onwettige optrede om te draai, het AfriForum gister hofstukke op die metroraad en Nersa beteken nadat dié munisipaliteit sedert die begin van die maand voortgegaan het om onwettige elektrisiteitverhogings sonder Nersa se goedkeuring te implementeer. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, hou die Tshwane-metro vol dat hulle die uitvoerende gesag is en daarom die verhoogde tarief sonder die nodige goedkeuring van Nersa mag implementeer. “Kragtens die wet is die Tshwane-metro nie by magte om die tarief te implementeer nie en ons sal teen dié onbillikheid optree. Aangesien nóg Nersa nóg die Tshwane-metro op enige van AfriForum se skrywes gereageer het, is daar geen ander remedie as om die dringende hof te nader nie,” sê Grobbelaar. Kragtens artikel 14 …
Read more
  • 0