EFF-lede betoog voor tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad

’n Inwoner van 80 jaar van ’n tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad moes Woensdag saam met ander inspring om te verseker dat almal van Huis Davidtsz middagete kry, nadat EFF-lede die werkers van die tehuis verhoed het om hul werk te doen. Hannes van Vuuren (80) sê hy moes inspring om te help. Cobus Kruger, ’n veiligheidswag by die tehuis, het ook borde kos aangedra en nadat die bejaardes geëet het, weer die tafels in die eetsaal opgeruim. Net soos Kruger het Leona Gouws, ’n sekretaresse by Huis Davidtsz, ook gehelp met die voorbereiding van die kos en die opruiming. Haar ma, Amanda Steyn, het ook oral waar sy kon, gehelp nadat sy die oggend gehoor het EFF-lede betoog voor die tehuis. Haar ma en Gouws se ouma, Fransie van der Westhuizen, woon al vyf jaar daar. Sy ly aan demensie. Sy en van die ander inwoners was salig onbewus van die EFF se betoging buite. Ander het dit wel gehoor, maar nie geweet waaroor dit gaan nie. Sommige inwoners het verward by hul k…
Read more
  • 0