Teetuin by die Sammy Marks-mu­seum moet deure sluit ná 25 jaar

Eers het die Pretoria Boeremark by die Pioniersmu­seum in die slag gebly, toe is dit Tant Miertjie se kombuisrestaurant by die Willem Prinsloo-museum wat sy deure moet sluit. Nou is die nuutste slagoffer van Ditsong Museums van Suid-Afrika glo The Rose Garden-teetuin by die Sammy Marks-mu­seum, wat sy deure ná 25 suksesvolle jare moet sluit. Volgens Werner Weinbeck (74), eienaar van die teetuin, is dit vir hom vreeslik hartseer om sy deure nou ná al die jare te sluit omdat Ditsong Museums glo besluit het om die teetuin op tender uit te sit. Werner Weinbeck, eienaar van The Rose Garden-teetuin by die Sammy Marks-museum, moet sy gereelde klante nou ná 25 suksesvolle jare groet. “Hierdie was my plek. Dis so mooi en rustig hier by die mu­seum. Ek het elke dag met ’n lied in my hart kom werk. Dis die einde van ’n baie goeie hoofstuk in my lewe. Ek is verpletter, maar ek het nie ’n ander keuse as om aan te beweeg nie,” sê Weinbeck. Benewens die teetuin het Weinbeck ook…
Read more
  • 0