AfriForum begin met regstappe teen onwettige tariefverhogings vir Pretorianers wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het

Inwoners van Pretoria en die groter metro sal moet saamstaan teen die onwettige tariefverhogings wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het. Om dié onwettige optrede om te draai, het AfriForum gister hofstukke op die metroraad en Nersa beteken nadat dié munisipaliteit sedert die begin van die maand voortgegaan het om onwettige elektrisiteitverhogings sonder Nersa se goedkeuring te implementeer. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, hou die Tshwane-metro vol dat hulle die uitvoerende gesag is en daarom die verhoogde tarief sonder die nodige goedkeuring van Nersa mag implementeer. “Kragtens die wet is die Tshwane-metro nie by magte om die tarief te implementeer nie en ons sal teen dié onbillikheid optree. Aangesien nóg Nersa nóg die Tshwane-metro op enige van AfriForum se skrywes gereageer het, is daar geen ander remedie as om die dringende hof te nader nie,” sê Grobbelaar. Kragtens artikel 14 …
Read more
  • 0

FAK verwyder brondsbeeld van oudpres. Paul Kruger om te restoureer

Vandale het die graf van oudpres. Paul Kruger in die Heldeakker, Pretoria, geteiken en groot skade is aangerig deur die borsbeeld op sy graf te vernietig. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Woensdagoggend verneem dat Kruger se graf beskadig is. Die FAK het ondersoek ingestel en bevestig die graf is op 11 Julie beskadig. Die borsbeeld was in ’n stoorkamer by die Heldeakker-begraafplaas en die FAK het die nodige toestemming bekom om dit te verwyder om dit te herstel. Die beeld is nou in veilige bewaring by die Voortrekkermonument.                             In 1995 het vandale ook Kruger se graf verniel en die oorspronklike marmerbeeld beskadig. Luidens ’n verklaring van die FAK het die groot grafblad in die proses ook seergekry – die krake lê steeds oor die Nederlandse boodskap: “Gestorven in Ballingschap te Clarens, in Switzerland.” Kruger is op 14 Julie 1904 in Clarens, Switserland, oorlede en op 16 Desember 1904 in die Heldeakker i…
Read more
  • 0