Geskiedkundige Kerkplein in Pretoria trek ’n nuwe baadjie aan

Die bome in die geskiedkundige Kerkplein in Pretoria het in die slag gebly, maar sal deur nuwe bome en ander aantreklikhede vervang word. Foto’s van die afgekapte bome het Pretorianers vandeesweek verstom, maar die Tshwane-munisipaliteit sê dit is net ’n tydelike situasie en die plein sal nadat die projek afgehandel is mooier as ooit wees. Solly Msimanga, DA-burgemeester van die Tshwane-metroraad, het met sy begrotingsrede in Mei dié projek aangekondig en inwoners gemaan om geduldig te wees omdat die projek sowat nege maande sal neem om af te handel. Die Lalela-projek (die Zoeloe-woord vir luister) sal volgens Msimanga die eerste in sy soort wees en hopelik tot ’n meer inklusiewe gemeenskap bydra. Die vorige ANC-beheerde burgemeesterskomitee het die projek vier jaar gelede goedgekeur, maar dit het nie ’n werklikheid geword nie. Die nuwe administrasie het in Augustus verlede jaar beheer by die ANC oorgeneem en meen Kerkplein kort ’n “nuwe laag erfenis” waar ál die…
Read more
  • 0