Strate van Pretoria vandag gesluit weens beplande optog

’n Beroep is gedoen op motoriste deur die Tswane-metropolisie om kennis te neem van ’n beplande optog vandag wat verkeer in die Pretoria gebied erg kan ontwrig. Woordvoerder van die metropolisie, Snr.supt. Isaac Mahamba het tydens ’n verklaring gesê dat die protestors onder die vaandel van die regering se kommunikasiediens (GCIS) se #100MenMarch, gaan begin saamkom vanaf 08:00 by ʼn oop gedeelte in Schubartpark, naby Kerkplein,. Die betogers beoog om 10:00 vanaf die hoek van Kgosi Mampuru- en Madibastraat, in Madibastraat reguit te beweeg tot by die Uniegebou. Al die kruisings in Madibastraat tot by die Uniegebou sal tydelik deur die optog geraak word. Volgens Mahambe behoort die betogers omstreeks 14:00 by die Uniegebou uiteen te gaan. “Metropolisiebeamptes sal ontplooi word om die betoging en strate wat geraak word te monitor. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak,” het Mahamba gesê. GCIS se #100MenMarch word gehou om teen geweld te…
Read more
  • 0