Wanneer jy die nodige aandag wil verkry van mense en instansies, trek net jou klere uit – Vrou betoog in skrapse klere voor Uniegebou omdat Unisa en die polisie haar mishandel

’n Skraps geklede vrou wat voor die Uniegebou in Pretoria betoog het, is Woensdagoggend in hegtenis geneem. Gugu Ncube sê sy het betoog omdat Unisa en die polisie haar mishandel het. Haar baas by ’n sentrum wat voorheen deur Unisa geborg is, het volgens haar gevra vir seks as sy haar werk wil behou. Sy sê bewerings dat sy bedank het, is vals. “Ek wil hê Unisa se bestuur moet my bedankingsbrief wat hulle beweer ek geskryf het, aan die hele land, die Thuma-stigting, die kommissie vir geslagsgelykheid en ander belanghebbendes wys.” Volgens haar het sy in haar broekie en ’n klein toppie betoog omdat sy “niks meer het om te beskerm nie”. “Naaktheid is ’n teken dat ek van my waardigheid ontneem is. My waardigheid is weg.” Gugu Ncube Gugu Ncube betoog voor die Uniegebou voordat die polisie haar in hegtenis geneem het. Ncube wil hê pres. Cyril Ramaphosa moet kennis neem van die beweerde mishandeling. Volgens haar is sy deur die polisie mishandel toe sy haar b…
Read more
  • 0