Forum vir Demokrasie (FvD) in Nederland Samel 50,000 Euro in Twee dae in om Youtube Hof toe te Neem oor Sensuur!

Die Nederlandse konserwatiewe politieke party Forum vir Demokrasie (FvD), gaan die Amerikaanse videoplatform YouTube dwing om nie video’s van die platform te verwyder nie, deur middel van ‘n regsgeding. Solank die inhoud nie die Nederlandse wet oortree nie, kan dit op die platform wees. In ‘n verstommende bewys van hoe sterk gevoelens oor Youtube se anti konserwatiewe sensuur is, het die FvD party ‘n bedrag van 50 duisend Euro, binne twee dae, by lede en simpatiseerders ingesamel, om vir die hofsaak te kan betaal. (more…)
Read more
  • 0

Inwoner van Pretoria voor haar verloofde geskiet wyl hy video neem

Carine van Staden (28), ʼn inwoner van Pretoria, is Donderdag voor haar verloofde glo deur ʼn weermaglid in die noorde van die stad geskiet. Carine se pa, Johan van Staden (53), het Saterdag aan Maroela Media gesê sy dogter en haar verloofde, Johan Harmse (29), was omstreeks 18:00 van Daspoort op sy BMW-motorfiets op pad na vriende in Montana toe ʼn amptelike weermagvoertuig hulle naby Wonderboom Junction ligtelik getref het. “Die voertuig, ʼn wit Audi, het weermagnommerplate gehad en ons het intussen vasgestel die jong man wat dit bestuur het, is glo ʼn drywer vir een van die generaals,” het Van Staden gesê. “Die man het die motorfiets se voetrus getref waarop Carine se voete was en die man het toe net weggejaag,” het hy gesê. Harmse het ʼn draagbare videokamera aan sy valhelm gehad, dit aangeskakel en die voertuig agterna gesit. “Die verkeerslig by die hoek van Lavenderweg en Braam Pretoriusstraat was rooi en die man moes stilhou. Carine het afgeklim en hom genader o…
Read more
  • 0