Gekaapte Radio Pretoria val uit die bus tydens Liberty Toekennings

Met die “Liberty Toekennings” vir radiostasies het die gekaapte Radio Pretoria, wat Pretoria FM geword het, totaal uit die bus geval wat ’n paar dinge bewys. Ten eerste is dit nie meer ’n volksgerigte radiostasie nie, daarvan getuig die swak reaksie om vir die patetiese draadloos te stem. Dan is dit verstaanbaar, want die misleiding (volgens luisteraars), asof dit ’n Afrikaanse sender is, word nie deur mense geglo nie, want te veel Engels op hulle kamtige “koerant” en die sieklike gebruik om die sender te oordonder met volksvreemde musiek, het die getroue luisteraars van weleer verjaag. Die slegte aanbieding van onkundige omroepers het die seel op alles gesit, en daarom is geen afdeling of kategorie aan die ellendige stasie toegeken as wenners nie – want wie stem vir verloorders. Die radiostasie se agteruitgang het begin toe Buys en sy meelopers die radio gekaap het, en daarna begin het om die eens gewilde radiostasies in die grond in te bestuur met hulle benadering…
Read more
  • 0