Stadsraad van Pretoria gaan in die volgende 4 maande 13,000 voorafbetaalde kragmeters vervang na bevind is dat PEU Capital Partners se meters nie geldig is

Die stadsraad van Pretoria wil die omstrede elektriese meters vervang, en daarvoor het hulle glo vier maande tyd om 13,000 te vervang. Die 13,000 vooruitbetaal meters moet ingevolge ’n hofbeslissing vervang word omdat die meter met ’n ongeldige kontrak ingesit is en glo ook onwettige toestelle is. Talle werkers moet nou deur sekere gebiede se geboue beweeg om te kyk of die meters in die geboue wettig is, aangesien die PEU Capital Partners se meters nie geldig is nie. Dit beteken glo dat die multi-miljard se daaglikse betalings wat die stad aan PEU maak in terme van die kontrak, word as onbekostigbaar beskou en sal ook tot ’n einde kom. Daar bestaan onduidelikheid wie verantwoordelik gehou word vir die koste om die meters te vervang, en of dit maar weer die onskuldige verbruiker is watt moet opdok. Deur: Die Vryburger Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.
Read more
  • 0