Gedwing tot “Dubbele Belasting” – Supreme Poultry Betaal R100,000 uit eie sak om Hartbeespoort se Onversorgde Waterpype te Herstel!

‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie. (more…)
Read more
  • 0

Talle woonbuurte in Pretoria dalk vandag sonder water

Die Tshwane-metro het gewaarsku dat talle woonbuurte in Pretoria Dinsdag moontlik sonder watertoevoer gaan wees. Lindela Mashigo, woordvoerder van die metro, het gesê die metro se waterverskaffer, Rand Water, het die raad kennis gegee dat die Garsfontein-reservoir in die ooste van die stad afgeskakel gaan word vir beplande instandhoudingswerk. “Watertoevoer sal van 09:00 tot omstreeks 23:00 afgeskakel wees om ʼn ou watermeter met ʼn moderne een te vervang. Voor dié tydperk sal die reservoir tot sy maksimum kapasiteit gevul wees om water aan die woonbuurte te voorsien, maar inwoners word egter versoek om water spaarsamig te gebruik om te verhoed dat dié water opgebruik word, anders sal dit tot wateronderbrekings lei,” het Mashigo gesê. Die woonbuurte wat geraak sal word indien wateronderbrekings plaasvind, is Bergtuin, Colbyn, Derdepoort, East Lynne, Ekklesia, Jan Niemandpark, Kenley-kleinhoewes, Kilnerpark, Koedoespoort, Montana, Môregloed, Queenswood, Rietfontein, Rieto…
Read more
  • 0