Spoorlyn in die weste van Pretoria kry nuwe baaidjie danksy publiek en Transnet

’n Uiterste verwaarloosde spoorlyn wat aan die weste van Pretoria geleë is, het gedurende die week ’n nuwe baadjie gekry. Die spoorlyn wat oor ’n groot gebied in die weste strek was vir ’n geruime tyd ’n groot probleem vir die plaaslike gemeenskap. Volgens DA-raadslid Elma Nel was die spoorlyn ’n reuse probleem in haar wyk. Sy vertel dat vir die eerste keer was daar goeie samewerking vanaf beide Transnet en die publiek. Nel spreek haar dankbaarheid uit teenoor almal wat ’n handjie bygesit het met die opruimings werk en loof die betrokke partye vir hul bereidwilligheid om te help. Nel beklemtoon dat sy alreeds van die begin van die jaar haar bemoei het met die skoonmaak van die spoorlyn. Volgens ’n inwoner, net bekend as Sarel, is hy verheug oor die skoonmaaksessie. Sarel vertel dat hy die afgelope 36 jaar in die gebied woon. Hy skryf die oorsaak toe aan onwettige storting wat gereeld plaasvind. Sarel vertel skertsend dat hy enkele dae te vore onwettige storters by die spo…
Read more
  • 0