NUUS! Moeg dat blankes afgeskeep of aangeval word in die nuus? Stig ‘n plaaslike of dorp’s nuusblad!

Dink U en U vriende of familie dat dit hoog tyd is dat die blanke gemeenskap hul eie nuus, belange en sake beheer? Moeg vir sogenoemde "onbevooroordeelde" berigte op platforms, wat slegs die belange van die meerderheid promoveer en weerspieël? Het U besef daar is nie so iets soos 'n neutrale nuus platform nie? Moeg vir politieke korrektheid? Met ons help kan U of U gemeenskap nou 'n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net) gratis. Al die ander gemeenskappe in Suid Afrika het voldoende, indien nie meer as genoeg, ondersteuning en fondse en platforms om hul eie belange te weerspieël. So dié splinternuwe projek beoog om die afgeskeepte blanke gemeenskap 'n stem te gee om hul eie nuus en belange te deel,  plaaslike gebeurtenisse en funksies aan te kondig, sake to promoveer, en kultuur, taal, geskiedenis, kuns, ens., te weerspieël. Berigte van nasionale belang sal op die hoofblad en op X en op ons bakkiesblad met 8…
Read more
  • 0

Globaliste Gaan Sowaar Ons Kwotas Gee om Asem te Haal – Dit is nie meer ‘n grap nie!

Asof dit nie erg genoeg was dat ons forseer was om in ons eie huise te bly nie, al sou niemand dit voor 2020 geglo het nie, blyk dit nou dat dit nie lank is voor ons eie asem gemeet en getel sal word nie! 'n Nederlandse Bankier en professor, Barbara Baarsma van Rabobank, wil vir burgers persoonlike jaarlikse CO₂ kwotas gee! Sy het vroeër die maand die skokkende voorstel gemaak op die besigheidsbesprekingsprogram, "Zakendoen" op BNR-radio. Die voorstel is glo om in die toekoms persoonlike CO₂ emissies te begin prys, dit te gebruik om finansiële aansporings te versprei, sodat "kreatiwiteit in die ekonomie na vore kom" en dat mense so forseer word om verskillende keuses te maak. As die ver linkses alreeds die emissies van koei tel, hoe lank voor hulle die CO2 wat ons met elke asem uitstoot, begin meet? Sal dit van ons persoonlike kwota afgetrek word? Die gesprek het 'n sterk aanduiding gegee van hoe bankiers beplan om in die toekoms 'n prysetiket op nog meer dinge in ons lewens…
Read more
  • 0

SA Boere Volgende? Ierland val nou ook hul Boere aan, soos Nederland, Duitsland en Kanada!

As deel van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se "Groot Herstel"-agenda vir die mensdom, sluit Ierse leiers aan by hul mede samesweerders in Nederland, Duitsland en Kanada om boere en hul plase uit te faseer, en wêreldwye voedseltekorte verder in gevaar te stel. Die Ierse regering beplan om 'n vermindering van emissies van ongeveer 28 persent op boere af te dwing. Dit is welbekend dat 'n kern pilaar van Sosialisme en Kommunisme, is om mense te beheer, deur beheer van voedselproduksie te bekom. Ons waarsku al jare oor hierdie Rooi Gevaar. Nou het die ver linkse Kanadese leier Justin Trudeau het reeds aangekondig dat hy voortgaan met die WEF se sosialistiese plan om plase teen 2030 uit te faseer. Hy het gesê hy beplan om dit te doen deur die gebruik van Kanadese kunsmis te verminder, wat baie boere bankrot sal maak. Intussen betoog Nederlandse boere al weke lank nadat hul regering beplan om hulle bankrot te maak, en die voedselvoorraad in Europa te vernietig. Eerste Ministe…
Read more
  • 0

Globalistiese Veldtog om Boere as “Die Vyand van die Staat” te Skilder, Tref Nederland en België

Nederland is steeds by vestek 'n landbouland, wat 'n kolossale resultaat lewer nieteenstaande sy oppervlakte, wat dit tweede plaas op die wêreldranglys vir uitvoere van landbou- en tuinbouprodukte. Die Nederlandse boere en tuinboukundiges vorm die historiese platform van 'n welvarende Nederland, maar die globalistiese Rutte/Kaag-regering het egter, volgens die Wêreld Ekonomiese Forum se beleid, die plan geïmplementeer om 'n aansienlike deel van hierdie boere en landboumaatskappye te likwideer of uit te koop. Om hulle uit te koop is 'n self-toegediende besering aangesien daardie bedrag van die burgers verhaal word deur allerhande belastings en heffings. Die verskoning wat gegee word vir die likwidasie van die landbou is na bewering om die stikstofinvloed te bekamp. Die tendens was egter reeds oor die laaste drie dekades baie effektief; gegewe die maatreëls wat reeds deur die sektor(e) self ingestel is. Boonop is die stikstofprobleem 'n valse aanname; Dit is deels omdat, soos …
Read more
  • 0

Babelisme – Die Bou van die Toring van Globalisme (Genesis 11 : 1-9)

WAAR IS DIE VOLK? Die meerderheid Afrikaans sprekendes is nie-Europeërs, en so ook is die meerderheid radio RSG luisteraars nie-Europeërs. So vra nie waar is die volk se leiers nie, maar vra eerder waar is die volk? Hulle klouter by die Toring van Babel op om naam te maak, as die reënboognasie Suid Afrika, en om “Een” te wees.     Lees ook: VIDEO: Stryd vir Globalisme en Siel van Weste Stel Christendom Gelyk aan Liberalisme. Wil Hulle die Bybel Herskryf?  
Read more
  • 0

Trop 20 Onwettige Besetters Slaan Boer (60) vir 2 Ure en Dreig met “Necklacing” – Maar Polisie Ondersoek Boer!

'n Grondeienaar van Middelburg, Mpumalanga, mnr Danie Heyns (60), was op Sondagaand 24 Oktober, 2021 amper vermoor deur 'n trop onwettige grondbesetters, gelei deur 'n swart man wat in die dorp bly. Die boer is vir 2 uur lank geslaan en gemartel deur die hoof aanhitser en sy gepeupelbende van omtrent 20 sterk. Hoe dapper is hulle as hulle ;n 60 jarige kan slaan en martel terwyl daar omtrent 20 van hulle is. Mnr Heyns het aan die gemeenskapskoerant Middelburg Observer vertel dat hy diep bevrees was om sy lewe te verloor tydens die 2 uur lange marteling . En dit op sy eie grond wat by betaal en hard voor gewerk het. Hy besit die plasie op die Groblersdal pad (N11), Middelburg al vir 20 jaar. Hy woon in Gauteng maar is wel naweke op die plaas. Mnr. Heyns moes ’n paar jaar gelede ’n hofbevel bekom, toe daar skielik ’n sinkhuis op sy plaas gebou word deur ’n plaaslike swart man, wat ’n grondeis ingedien het. Die onwettige sinkhuis is deur die balju afgebreek en die hof het bev…
Read more
  • 0

Rassistiese NVG! Geen Klagtes Teen Swart Taxibestuurder wat Wit Pa en Seun Doodskiet, Maar Blankes Word vir Veel Minder Aangekla Sonder Borgtog!

Dubbele standaarde by die NVG is institusioneel, en dit is nie eers meer betwisbaar nie dat die NVG, met hul 90% of meer swart personeel, diskrimineer op grond van ras ten opsigte van vervolgingsbesluite en ander verantwoordelikhede soos die toekenning van borgtog, ens. Ons het nou al verskeie kere gesien dat die NVG met agressie wit persone aankla, borgtog ontken en die hele klagteboek na hulle toe gooi, of hulle skuldig is aan 'n misdaad of nie, maar 'n swart taxibestuurder wat 'n wit pa en seun doodgeskiet het in 'n verkeersargument, word egter nie eers vervolg nie. Dit terwyl verskeie onskuldige boere sonder borgtog aangehou word. Die taxibestuurder wat Andre Duvenhage (52) en sy seun Danie op 28 Mei 2021 by die Viva N1-vulstasie in Bandelierkop, Limpopo, doodgeskiet het, is skotvry nadat die NVG besluit het om hom nie van enige misdaad aan te kla nie. Die skietery het plaasgevind nadat Danie en Andre na die Engen vulstasie gegaan het om die taxibestuurder te konfront…
Read more
  • 0

Jesse Duarte Verteenwoordig Onwerkbare, Verouderde en Onrealistiese ANC Faksie-Denke

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het kennis geneem van Jesse Duarte, ANC Sekretaris-Generaal, se uitlatings oor Onteiening sonder Vergoeding tydens ʼn media konferensie Maandag. Tydens die onderhoud het sy op die ideologiese snaar voortborduur dat Onteiening sonder Vergoeding (OSV) die kern is van ekonomiese ontwikkeling. Die standpunt druis  lynreg in teen die  Instituut vir Rasseverhoudinge wat dit duidelik stel dat onteiening “die eiendomsregte van alle Suid-Afrikaners bedreig: van die 9,5 miljoen mense met huiseienaarskap tot die nagenoeg 18 miljoen met tradisionelereg  eiendomme (Customary law plots) , en die geraamde 17 miljoen wat lede van pensioenfondse is. Dit sal ook alle besigheidseienaars, groot en klein, benadeel. Terselfdertyd sal die ekonomiese gevolge van die Wetsontwerp die 11 miljoen individue wat tans werkloos is, verder benadeel deur investering te verminder, groei te beperk en die herstel na die inperking belemmer.”   Hoe …
Read more
  • 0

Grondonteiening in Nederland! Kommuniste Gebruik Stikstofkrisis as Verskoning om Boere se Plase te Vat!

Min mense besef dat kommuniste vir boere haat met 'n passie, oral oor die wêreld, en hulle sal enige verskoning gebruik om boere se grond in staatsbesit te kry, sodat hulle die burgers met voedsel kan afpers. In SA gebruik hulle die "gronddiefstal" leuen, in Nederland gebruik die linkse regering die beweerde stikstofkrisis om van baie boere ontslae te raak, soos uitgesit in twee beleidspakkette wat die Nederlandse Omgewingsbeoordelingsagentskap (PBL) vir die regering opgestel het, en wat hierdie week gepubliseer is. Die onteiening van die boere se grond, iets wat uitdruklik in die planne genoem word, beteken dat hulle deur die staat gedwing sal word om hul eie plase teen 'n vasgestelde prys te verkoop. (more…)
Read more
  • 0

Plaasaanval: Egpaar Wreed Aangerand en Gemartel deur Bose Plaasaanvallers in Vier Uur Lange Nagmerrie in Noordwes!

'n Wrede plaasaanval is die nag van 8 September 2021, om 20:00, in Kortfontein tussen Koster en Derby in die Noordwes provinsie uitgevoer. Chris Barnard en sy vrou Hesta is in hul huis deur drie aanvallers oorval en vir vier ure gemartel. Chris is erg aangerand en ook geslaan met 'n wielsleutel en 'n sweep. Sy vrou Hesta is met 'n warm strykyster verbrand en ook erg aangerand. Die drie aanvallers het ook van haar hare met 'n mes afgesny. Die bose plaasaanvallers het die huis gedurende die vieruur stryd geplunder terwyl hulle die egpaar voortdurend wreed gemartel het. Die aanvallers het uiteindelik omstreeks middernag van die toneel gevlug met die egpaar se bakkie, elektriese toerusting en ander huishoudelike items. Hesta het hulp ontbied en die plaaswag en ander rolspelers het gereageer. Beide Chris en Hesta is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem en die polisie ondersoek, maar daar is geen arrestasies dusver nie.   Luister en Lees ook: Ses Gewap…
Read more
  • 0