#Gupta 2.0 – Harith, Nuwe Private Eienaar van SAL was deur Mbeki Ramaphosa-faksie Opgestel met Staatspensioenfondse?

Het iemand vir ons gevra? Na die Gupta skandaal aan die lig gekom het, het Pravin Gordhan gesê mense moet die kolletjies verbind, en as ons dit doen, blyk dit dat die privatisering van SAL nog ‘n plundering skema deur die ANC-mafia is. Harith, die nuwe eienaar van SAL, is deur die Mbeki- en Ramaphosa-faksie van die ANC gestig en het moontlik fondse gebruik wat aan die pensioenfonds van die regering (PIC) behoort. Net soos toe multimiljardêr-oligarge na die val van die USSR geskep is, deur openbare staatsbates in privaat sakke te plaas. is die privatisering van die SAL net ‘n massiewe slenter, wat ontwerp is om die SAL vas te vang vir kaders verbonde aan Ramaphosa se faksie van die ANC! Is die SAL doelbewus bankrot gemaak om hierdie buit van ons bates moontlik te maak? (more…)
Read more
  • 0

#Dirkiesdorp se “Zimbabwe Narratief”! Indiese Myngroep Atha Africa Gebruik Gupta Taktiek om Swartes Aan te Hits om Gewelddadig Teen Boere te Betoog!

Die skokkende, maar tog voorspelbare waarheid agter die hoogs gepolitiseerde en media-aangesteekte Dirkiesdorp-voorval, toe ‘n klaarblyklik goed georganiseerde groep aggressiewe en gewelddadige toyi-toyers die plaas Pampoenkraal op 9 April onwettig binnegeval het, wat aan Werner Potgieter behoort, is uiteindelik onthul! ‘n Indiese myngroep Atha Africa, het in Gupta / Bell Pottinger-styl, probeer om wit boere van hul grond te verdryf, met die volle samewerking van Adjunkpresident David Mabuza se regterhandman, Vusi Shongwe, LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, Grond en Omgewing in Mpumalanga! Ons sal waarskynlik nooit weet wie vir wie betaal het, om wat te doen nie, en watse gunste geruil is nie, omdat die slagoffers van hierdie rassistiese intimidasie en geweld wit is! (more…)
Read more
  • 0

Dirkiesdorp: Selfs SA Polisie Val vir Massamedia se “Witman Sleg, Swartman Onskuldig” Propaganda! Blankes Word Gekanselleer!

Polisie het vals verklaring uitgereik na die Dirkiesdorp voorval, na die ANC en EFF "lynchmob" en "Swart Twitter" weer saamgesweer het om vier boere in tronk te hou, al is feite nie eers bekend nie. Die Polisie het feite weerhou en verdraai in hulle amptelike verklaring oor die Dirkiesdorp voorval. Hulle het beweer dat 2 swart mans doodgeskiet was nadat hulle op 'n plaas gaan werk soek het, en al klink dit absurd en heeltemal onwaarskynlik, nog steeds het alle media publikasies en sosiale media, die Polisie se verklaring as feite aangebied. Maar die feite is egter dat daar 'n onwettige optog op die plaas gehou was, wat nie deur die Polisie gemonitor was nie. Ons weet mos watter intimiderende aard hierdie sogenaamde "toyi toyi for free stuff" van "our people" inhou. Verdere feite wat nou aan die lig kom is dat hierdie onwettige betogings nou al 'n jaar aankom en die Polisie is nou besig om 'n sluier van geheimhouding oor die saak te trek omdat hulle nooit iets daaroor gedoen he…
Read more
  • 0

Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar! SAUK Dank U Vir U Ondersteuning en Vra Om Hulp in Die Nuwe Jaar

In die gees van Kersfees en samesyn en gemeenskap, wil ons graag vir al ons volgers, lesers, luisteraars en kykers 'n Geseënde Kersfees toewens en hoop die samesyn met familie, vriende en volksgenote is vol vreugde en goeie herinneringe! Dankie vir U ondersteuning dusver en ons hoop om net te verbeter in die Nuwe Jaar, met U hulp. Ons gaan voort met ons organiese groei strategie maar wil graag ons ondersteuners vra om meer betrokke te raak, en ons te help om die platform te word wat ons volkie so erg benodig. Die staat gee hope geld aan ander volke maar ons kry niks. Inderdaad ons ontvang geen fondse vanuit enige oord en dit gaan maar soms broekskeur hier, en ons is bewus ons diens het soms baie te wense, en dit is ook waarom ons om hulp vra. Wat wil U hê die platform moet wees? Een ding wat ons wel het, is volgers wat ryk aan ondervinding, wysheid, idees, geloof en lojaliteit is, en ons wil graag dié bron delg om die platform vir Afrikaans verder uit te bou. Hoe wil U hê i…
Read more
  • 0

Vind U Familieboom of Stamboom nou – ons doen dit als vir jou!

Ons Afrikaner en Boerevolk het sedert 1652 belangrike deurbrake gemaak en baie oorkom.  Dié van ons wat vandag asemhaal is van die 9de tot die 13de nageslag van hierdie aanvanklike Europese voorouers – hoofsaaklik Franse Hugenote, Nederlanders, Duitsers en Skandinawiërs.

Het U al ooit gewonder hoe presies u nageslag en familie van elkeen van hierdie voorouers is?  Daardie vraag kan deur FamilieBome opgelos word.

FamilieBome bied aan u die geleentheid om ‘n lywige dokument te bekom, wat al u direkte voorouers (alle vaders en moeders van elke profile) tot by die eerstes wat hier geland het, in ‘n unieke familieboom te bind, ‘n brokkie geskiedenis oor vername persone gee, asook grafieke van elke geslag voorouers bevat.

FamilieBome bestaan uit ‘n span ervare Afrikaanse navorsers met dekades se ondervinding met die Afrikaanse voorgeslag.  Enige inligting…

Read more
  • 0

Interdik teen onwettige grondgrypers in Hammanskraal toegestaan

Argieffoto

AfriSake het vandag namens sommige van hul lede ’n dringende interim interdik bekom om grondgrypers te verhoed om privaat grond in Hammanskraal in die noorde van Pretoria onregmatig te beset. Die keerdatum om die saak in die hof te finaliseer, is 8 Januarie 2018.

“Ons maan die publiek om veral in die komende feesseisoen ’n wakende oog oor hul eiendom te hou omdat die tendens van grondbetreding dikwels in hierdie tyd van die jaar toeneem,” sê Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid. “Artikel 25 van die Grondwet waarborg aan elkeen die reg om nie arbitrêr van hul regmatige eiendom ontneem te word nie. Ons doen daarom weereens ’n beroep op die SAPD en veral die Pretoria Metropolitaanse Polisie om proaktief op te tree, hul pligte na te kom en die publiek se regte te beskerm. Ons moet elke sentimeter eiendom beskerm wat in besit van regmatige eienaars is. Ons kan nie toelaat dat Suid-Afrika in ’n tweede Z…

Read more
  • 0

Dié Pta-woonbuurte dalk sonder water

Argieffoto: Wikimedia

Die Tshwane-metro het inwoners gewaarsku dat ʼn paar woonbuurte in Pretoria steeds Donderdag deur ʼn onbeplande wateronderbreking geraak gaan word.

Noodherstelwerk was veronderstel om Woensdag aan die toevoerpyplyn van die Meintjieskop-reservoir te begin, maar kon nie voortgaan nie omdat die reservoir te vol was.

Die reservoir is vroeër vandeesweek tydelik afgeskakel om die stad se span loodgieters in staat te stel om ʼn groot waterlek op dié pyplyn te herstel.

Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van die metro, het egter gesê die watervlak in die reservoir kon nie heeltemal leegloop nie, maar dat die watervlak intussen tot 23% gedaal het.

“Tegnici sal aanhou om die watervlak te monitor en hulle verwag dat dit oornag beduidend sal daal. As alles volgens plan verloop sal dit Donderdagoggend leeg wees en sal herstelwerk van 08:00 tot 16:00 op die pyplyn begin,” het hy gesê.

Die woonbuurte wat geraak g…

Read more
  • 0

Waterbeperkings vir dié Pretoria-gebiede

Foto: Pixabay.com

Die Tshwane-stadsraad het gesê streng waterbeperkings sal ingestel word in etlike gebiede wat onder dié stadsraad val as gevolg van ʼn verhoogde watergebruik en lae reservoir-watervlakke sedert September vanjaar.

Lindela Mashigo, ʼn woordvoerder van die stadsraad, het gesê dié verhoogde watergebruik het Rand Water nou genoop om streng beperkings in te stel om te verseker dat die kwotas water per gebied nie oorskry word nie.

Mashigo het gesê daar is reeds beperkings geplaas op talle reservoirs se watermeters in die Pretoria-omgewing.

Hy het gesê die stadsraad maan inwoners om meer water te bespaar en te onthou dat talle reëls, soos die stad in Mei vanjaar bekend gemaak het, reg deur die jaar geld. Dié reëls is onder meer dat inwoners nie tussen 11:00 en 16:00 hul tuine mag natlei nie.

Die areas waarvan die watermeters reeds beperk is as gevolg van verhoogde verbruik is:

Louwlardia Rooihuiskraal Ko…
Read more
  • 0

Tshwane-polisie slaan toe op tientalle misdadigers

Argieffoto: Kent Williamson

Daar is 78 verdagtes in die afgelope 48 uur in die sentrale omgewing van Pretoria vasgetrek.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê misdaadvoorkoming operasies is in Brooklyn, Garsfontein, Lyttelton, Sunnyside, Silverton, Pretoria Moot en Villieria uitgevoer.

“Daar is gefokus op dwelms, kontakmisdade en eiendomsmisdade tydens die operasies. Sewe is vasgetrek in verband met die besit van beweerde gesteelde goedere, nege vir diefstal, twee vir die besit van toestelle wat gebruik word om by motors in te breek, ses vir bedrog en twee vir huisbraak en diefstal. Altesaam 19 is in hegtenis geneem vir dwelmverwante oortredings,” het Weilbach gesê.

Die ander verdagtes is vir soortgelyke misdade vasgetrek.

Al bogenoemde verdagtes sal Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Weilbach het motoriste weer eens gewaarsku om nie enige artikels in motors te los nie. “Verw…

Read more
  • 0