Vandag se sportnuus

Rugby

In die Superrugbyreeks word die laaste groepwedstryde eerskomende naweek gespeel. Daarna sal die spanne bekend wees wat deurdring na die kwarteindronde. Die mootlike permutasies vir die kwarteind lyk tans só:

Intussen het die Lions aangekondig dat Swys de Bruin die hoofafrigter van dié franchise gaan word, ná Johan Ackermann se vertrek. Verskeie sleutelspelers het ook hul kontrakte met die Lions hernieu.

Tennis

Kom ons loer na van die uitslae tydens gister se aksie op Wimbledon.

Mansenkelspel:

In gister se laaste vierde-ronde-wedstryd het (2) Novak Djokovic (Ser) vir Adrian Mannarino (Fra) met 6-2, 7-6 (7-5) en 6-4 geklop.

Die kwarteindwedstryde vir die mans word vandag gespeel.

In die vroue-enkelspel is die vier kwarteindwedstryde gister afgehandel.

Magdalena Rybarikova (Svk) leads (24) Coco Vandeweghe (VSA) 6-3 en 6-3. (14) Garbine Muguruza (Spa) klop (7) Svetlana Kuznetsova (Rus) 6-3 en 6-4. (10) Venus Wi…
Read more
  • 0

Wiskunde-winterskool vir matrieks aangebied

Die wiskunde-winterskool word by studiesentrums landswyd aangebied. Foto: Verskaf

Solidariteit Helpende Hand bied vanjaar vir die derde keer hul gewilde wiskunde-winterskool vir matriekleerlinge aan.

Die winterskool word elke jaar deur ʼn ervare wiskunde-onderwyser deur middel van Akademia se elektroniese platforms aangebied. Matrieks landswyd het dus toegang tot die winterskool en kan dit by enige van die studiesentrums in Centurion, Pretoria-Moot, Krugersdorp, Bloemfontein, Somerset-Wes en die Paarl bywoon.

Valentyn van der Merwe, wiskunde-onderwysspesialis by Helpende Hand, het gesê Rika Grobler sal vanjaar se winterskool aanbied. “Sy is baie ervare en was al die eksaminator en moderator vir graad 12 se vraestel 2,” het Van der Merwe gesê.

“Die winterskool bied ʼn goeie geleentheid vir leerlinge om seker te wees dat hulle deeglike hersiening doen voor hul rekordeksamen en eindeksamen. Goeie prestasie in wiskunde ontsluit d…

Read more
  • 0

[Video] Volledige registrasie amptelik aan Akademia toegeken

Van die studente wat in April van Akadmia se eerste grade ontvang het. Foto: Jhua-nine Wyrley-Brich/Forumnuus.co.za.

Akademia het pas bekendgemaak dat dié Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit nou volledig as hoëronderwysinstansie deur die departement van hoër onderwys en opleiding (DHET) geregistreer is.

Die instansie het op 30 Mei die goeie nuus van die DHET ontvang dat dit nou volledig geregistreer is ná ʼn omvattende gehaltebeheerproses wat ses jaar lank geduur het. Akademia het in dié tydperk alle voorwaardes van die departement nagekom en aan alle vereistes voldoen.

By Akademia se oprigting het die DHET voorwaardelike registrasie as hoëronderwys­instansie aan Akademia toegeken. Dr. Paul Steyn, Akademia se provoos, verduidelik dat voorwaardelike registrasie bloot beteken het dat Akademia eers aan die DHET moes bewys lewer dat die instansie volhoubare programme van hoë akademiese gehalte kan aanbied. Ten minste een kohort van stud…

Read more
  • 0