Boer wil Midvaal Munisipaliteit Dagvaar na sy Beeste Vrek na Munisipale Rioolvuil Water in sy Dam Oorgeloop het!

‘n Vooraanstaande boer van die plaas Klipdraai in Rothdene wil die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit hof toe neem nadat verskeie beeste op sy plaas gevrek het. Frik van Greune sê daar is onlangs sewe beeste op sy plaas dood nadat hulle besoedelde water uit ’n dam op sy plaas gedrink het. Volgens Van Greune het dit gebeur nadat rioolvuil onlangs weer by ’n drein naby aan sy plaas oorgeloop het en in van Greune se plaasdam beland het. (more…)
Read more
  • 0

ANC Regering se Staatsentiteit Biovac-instituut Hoop om in 2022 met BioNTech en Pfizer 100 Miljoen Covid-entstowwe per Jaar te Produseer

Pfizer, BioNTech en die ANC-regering se parastataal, Biovac-instituut het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms aangegaan het om volgende jaar die mRNA Covid-entstof in die land te produseer, wat tot 100 miljoen dosisse per jaar “vir Afrika” kan vervaardig. Natuurlik sal dit eers ANC plundering, kaderontplooiing en BSEB kanker moet oorleef. (more…)
Read more
  • 0

ESKOM Implementeer Kragonderbrekings op die Koudste Aand van die Jaar na sub-polêre Kouefront Tref!

Baie koue (sub-polêre) lug het vanaf die suidpool by SA ingetrek met ysige voorspellings, van byvoorbeeld -8°C in Vereeniging, -5°C in Johannesburg en -3°C in Pretoria. Maar dit het nie vir Eskom gestop om te besluit om vlak 2 kragonderbrekings in werking te stel nie. Gisteraand en vandag sal een van die koudste dae in die afgelope tien jaar wees met die enigste reën wat vir SA verwag word, langs die suid- en suid-oostekus en die aangrensende binneland. GEEN REËN word in enige van die ander provinsies verwag nie. Luister Hier:   Die nasionale elektrisiteitsdiens het wel gewaarsku dat beurtkrag moontlik is en dat dit op kort kennisgewing geïmplementeer kon word. Sikonathi Mantshantsha, ‘n woordvoerder, het gesê die netwerk is erg beperk, met meer as 13,000 megawatt verlore weens onderbrekings en nog 3,000 weens beplande instandhouding. Die elektrisiteitsmaatskappy het die afgelope paar weke daarin geslaag om kragonderbrekings te voorkom maar kon nie op die koud…
Read more
  • 0

Agterstand Ontwikkel in nie-noodsaklike Operasies by Private Hospitale wat Opgeskort was Weens Covid

SA se private hospitale word getref deur opgeskorte elektiewe operasies, en ‘n agterstand is besig om te ontwikkel na Suid-Afrika se privaat gesondheidsorgondernemings nie-noodgeval en nie-dringende operasies, op verskillende tye in die pandemie opgeskort, om hulpbronne vry te stel vir die stryd teen Covid-19. Dit het hospitale se inkomste benadeel en gelei tot ‘n agterstand van elektiewe operasies. (more…)
Read more
  • 0

Riool in Erwe en Strate is Blykbaar Normaal vir ANC Leiers en Ondersteuners, Maar selfs DA Beheerde Tableview Sukkel!

Nuus.net het verlede week berig oor die stand van riool in Emfuleni op die Wesrand, wat gepaard gaan met die gebrek van dienslewering van munisipaliteite, en gebrek aan instandhouding. Dit is nou nie meer net ‘n ongerief nie, maar raak onveilig en ongesond, en in DA beheerde Tableview in die Kaap ontwrig dit normale lewe. Dit blyk asof raadslede nie weet wat ecoli is nie? (more…)
Read more
  • 0

Wesrand Emfuleni Munisipaliteit kan nie sy Basiese Verantwoordelikheid Nakom nie en Word Gevaarlik vir Inwoners!

Nog ‘n ANC munisipale mislukking is besig om verwoesting te saai in Emfuleni op die Wesrand van Gauteng waar inwoners van laekoste-behuisingskema in Duncanville, daagliks baie uitdagings in die gesig staar soos: riool wat opstoot, aanhoudende waterlekasies wat nie herstel word nie, geboue wat inmekaar wil val omdat krake nie herstel word nie, en vullis word nie verwyder nie. (more…)
Read more
  • 0