Opleidingskollege in Orkney Snork Tog! Dept. van Gesondheid Kollege in Noordwes val Uitmekaar, Doen Geen Opleiding Sedert 2019, maar Dosente Gaan Elke Dag Werk Toe!

Verskonings is nie oplossings nie: Miljoene word jaarliks bestee aan ‘n mediese opleidingskollege in Orkney, in Noordwes provinsie, maar geen enkele student is sedert 2019 voltyds daar opgelei nie. Hierdie skandelike situasie is deur provinsiale parlementslede van Noordwes onlangs daar aangetref op hul oorsigbesoek. (more…)
Read more
  • 0

Betaalde Siekteverlof vir SA Werkgewers Kry Hele Nuwe Mening met Covid! Inenting en Newe-effekte Daarvan Kry Betaalde Siekteverlof Sonder Mediese Sertifikaat!

Dit is duidelik dat die Sosialisitese ANC als in sy vermoë doen om werkgewers te ontmoedig. In ‘n poging om dié wat werk as verskoning gebruik, om nie inenting te kry nie, aan te moedig, moet Suid-Afrikaanse werkgewers nou hul werkers betaalde tyd gee om hulle teen Covid-19 te laat inent. En werknemers wat newe-effekte ervaar, kan met betaalde siekteverlof tuis bly deur hul inentingsertifikaat as bewys te lewer, sonder dat die standaard mediese sertifikaat nodig is om siektedae te eis nie. (more…)
Read more
  • 0

Zweli Mkhize op Spesiale Verlof Geplaas Wyl Digital Vibes Korrupsie Deur Spesiale Ondersoekeenheid Ondersoek Word!

Die Suid-Afrikaanse minister van Gesondheid is op spesiale verlof geplaas tot verdere kennisgewing deur Cyril Ramaphosa, terwyl die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) bewerings van korrupsie met Digital Vibes ondersoek. Zweli Mkhize het beweer dat hy tyd van sy pos gevra het terwyl die ondersoek aan die gang is, en gevra om tydelik vervang te word sodat hy die bewerings van korrupsie teen hom kan beveg, maar niemand glo dat dit vrywillig was nie. (more…)
Read more
  • 0

Stellenbosse Man Toegelaat om Sonder Masker Inkopies te Doen in Woolworths Danksy Afskrif van Hofbevel!

‘n Inwoner van Stellenbosch, wat altyd sonder masker sy inkopies gaan doen, is gister by Woolworths in Stellenbosch Square gestop en gevra waar is sy masker. Hy het toe vir die wag en bestuurder verduidelik dat hy nie masker dra nie en dat die hooggeregshof in Julie 2020 die regering se wetgewing onwettig verklaar het. Hy het toe die hofbevel gewys en was toegelaat om in Woolworths inkopies te doen sonder masker. Hy vertel self wat gebeur het… Luister Hier: https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/9-Junie-Woolworths-web.mp3   Lees ook: Bejaarde Ouers van Dolphin Krieketspan Bestuurder het nou Kriminele Rekord Omdat hulle nie Masker Gedra het in Stil Straat!  
Read more
  • 0