Gauteng SAPD kon nie Onlangse ANC Onluste Ordentlik Bekamp nie Omdat Helfte van hul Blitspatrollie Voertuie nie Werk nie!

Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend ​​by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande. (more…)
Read more
  • 0

Stadige Reaksie en Swak Hantering van Onluste wat tog Verwag was, ‘n Reuse Terugslag vir Reeds Swak Beleggersvertroue

Nie dat dit ‘n verbasing was vir mense wat die ANC se onbevoegtheid ken nie, maar die swak beplanning, al was daar waarskuwings dat onluste sou uitbreek, en die onbeholpe hantering van die onluste-situasie deur die ANC-regering en sy wetstoepassingsagentskappe, in KwaZulu-Natal en Gauteng laas week, het die reeds sukkelende beleggersvertroue in Suid-Afrika ‘n ernstige knou toegedien. (more…)
Read more
  • 0

ESKOM Implementeer Kragonderbrekings op die Koudste Aand van die Jaar na sub-polêre Kouefront Tref!

Baie koue (sub-polêre) lug het vanaf die suidpool by SA ingetrek met ysige voorspellings, van byvoorbeeld -8°C in Vereeniging, -5°C in Johannesburg en -3°C in Pretoria. Maar dit het nie vir Eskom gestop om te besluit om vlak 2 kragonderbrekings in werking te stel nie. Gisteraand en vandag sal een van die koudste dae in die afgelope tien jaar wees met die enigste reën wat vir SA verwag word, langs die suid- en suid-oostekus en die aangrensende binneland. GEEN REËN word in enige van die ander provinsies verwag nie. Luister Hier:   Die nasionale elektrisiteitsdiens het wel gewaarsku dat beurtkrag moontlik is en dat dit op kort kennisgewing geïmplementeer kon word. Sikonathi Mantshantsha, ‘n woordvoerder, het gesê die netwerk is erg beperk, met meer as 13,000 megawatt verlore weens onderbrekings en nog 3,000 weens beplande instandhouding. Die elektrisiteitsmaatskappy het die afgelope paar weke daarin geslaag om kragonderbrekings te voorkom maar kon nie op die koud…
Read more
  • 0

Kommuniste Huil na Malema se Twitter Tydelik Opgeskort Word, Maar Wil Sosiale Media Gebruik om Blankes aan te Val!

Tipies vir kommuniste, wil die Malema-ondersteuners hê selfs Twitter se reels moet verskillend toegepas word vir hulle, tenoor hul “vyande”, met uitsonderings vir hulle. Dit terwyl elkeen toestem tot die platform se besluite sodra hulle aanteken daarvoor. National Union of Metalworkers of SA (Numsa) se hoofsekretaris, Irvin Jim, het die tydelike skorsing van die EFF-leier Julius Malema vandeesweek op Twitter toegesnou, al is baie van die mening dat dit al lank terug moes gebeur het. (more…)
Read more
  • 0

Geweld van Ramaphosa Faksie Teen Zuma Malema RET Faksie gee Suid Afrikaners ‘n Voorsmaak van hoe Siviele Oorlog Gaan Lyk!

Ons sit met ‘n tamatietjie in SA want as wetsgehoorsame burgers, wonder ons of ons nou die wet moet nakom of nie, wanneer die polisie afwesig is te midde van volskaalse plundery en geweld. Burgers maak planne om hulself en hul buurt te beveilig, maar kry dan die wind van voor, van die afwesige wetstoepassers, want dit is glo teen die wet. (more…)
Read more
  • 0

Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm. (more…)
Read more
  • 0