Standbeeld van Paul Kruger gaan dalk vervang word met die van veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela

As die EFF sy sin kry, gaan die standbeeld van ZAR president Paul Kruger, vervang word met die veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela. Nie te lank gelede nie het die EFF nog gedreig om die Kruger-standbeeld te vernietig, en het nou “amptelik” gevra dat die beeld gesloop moet word om vir Winnie Mandela plek te maak. ‘n EFF-raadslid, ene Moaferika Mabogoane, het Paul Kruger, in dieselfde asem as John Vorster en Hendrik Verwoerd, “rassistiese apartheidsleiers” en “donker figure van ons lelike verlede” genoem. Die Vryburger
Read more
  • 0

Krugerdag herdenk by die Helde-akker in Pretoria

Krugerdag is gister herdenk by die Helde-akker in Pretoria. Die Krugergenootskap reël jaarliks dat familie, organisasies en individue kranse lê op die grafte van wyle pres. Paul Kruger, asook op verskeie ander heldefigure uit die Afrikaner se geskiedenis. Ook CVO-skole neem jaarliks aan die geleentheid deel om sodoende ook die kinders te leer van volkshelde van die geskiedenis. Die leerlingraad van CVO Skool Pretoria het ook die geleentheid bygewoon, en die graf van oom Paul, asook ander volkshelde, is ryklik versier deur blomme en kranse wat deur verskeie organisasies geplaas is. Foto: Van links na regs, Hattinie Freyer, Marné Scholtz, Anien Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0