SA Howe nie Meer Sekuur nie! Hoe Lank Voor SA Balkaniseer en as ‘n Humanitêre Ramp Verklaar Word?

Dit is al duidelik dat SA se wetstoepassers, die polisie, nie geskik vir hul doel is nie, maar nou val die ANC howe self uitmekaar uit. Kuberkrakers het die howe in Suid-Afrika se netwerkstelsels binnegedring en dit lam gele, wat vrese laat ontstaan dat mense en besighede wat transaksies met die howe doen, se bankbesonderhede in die gedrang gekom het, en dalk openbaar word. Daar is ook wydverspreide onderbrekings van baie van die regering se webwerwe na ondergrondse internetkabels Vrydagoggend beskadig is. Terselfdertyd is die Potgietersrus-landdroshof en speurtak al vier dae sonder krag, na die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit die krag gesny het weens wanbetaling. (more…)
Read more
  • 0

Plundering & Geweld is 100% die ANC Leierskap se Skuld! Wie het Zuma Toegelaat om Korrupsie te Pleeg?

Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm. (more…)
Read more
  • 0

Myne Maatjies Dagsorgsentrum: Drie in hegtenis geneem by Randfontein crèche nadat kinders wreedaardig aangerand is – Ons behandel nie eens ons diere so nie

Drie mense is Donderdag in hegtenis geneem nadat video's van kleuters in 'n crèche aan die Wes-Rand aan die lig gekom het wat wys hoe hul geslaan word waaronder minstens een kind met 'n besem geslaan is. Ouers is woedend nadat hulle gesien het wat na bewering met hul kinders in die Myne Maatjies-dagsorgsentrum gebeur het. Polisiewoordvoerder Col Lungelo Dlamini het Donderdagaand aan TimesLIVE bevestig dat drie mense in hegtenis geneem is op aantygings van aanranding. Dit was nadat verskeie verklarings van ouers en getuies afgelê is, het Dlamini gesê. Hy het gesê dat ondersoeke na die beweerde mishandeling by die Myne Maatjies-dagsorgsentrum Donderdag begin is. 'Daar is ook op 'n hardeskyf vir verdere ondersoek beslag gelê. Meer inligting sal verskaf word namate die ondersoek ontwikkel,' het hy gesê. TimesLIVE het ook bevestig dat die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng ondersoek instel. Befoeterde ouers van kleuters in die kleuterskool in Randfontein het…
Read more
  • 0

Aankondiging van Nersa oor Tshwane-kragtariewe – stad mag tariewe net met 13.07% verhoog

Die VF Plus is vandag reg bewys oor krag deurdat NERSA die kragtariewe wat deur die Tshwane-metroraad ingedien is, verwerp het en eerder die voorleggings van die VF Plus, AfriForum en die Elektrisiteitherverkopers-assosiasie van Suid-Afrika (Erasa) aanvaar het. Volgens NERSA mag die stad die tariewe met 13.07% verhoog (vir die 2019/20 finansiële jaar), gegrond op die vorige jaar se struktuur (2018/19), en nie volgens die nuwe voorgestelde struktuur nie. Die aankondiging deur NERSA word ook as ‘n reuse oorwinning vir verbruikers beskou. Die raad wou ‘n totaal nuwe ingrypende struktuur implementeer wat ‘n vaste fooie van R56 vir alle verbruikers sou insluit asook spesiale winter-tariewe. Die ander groot strukturele verandering is die wegneem van die 2 kategorieë of kerwe wat die metroraad wou implementeer en die behoud van die bestaande 4 kategorieë of kerwe waarvolgens krag aangekoop word. Die nuwe struktuur sou klein-verbruikers, wat tipies laer-inkomste groepe en pens…
Read more
  • 0