Huiseienaar word gedreig nadat hy 2 rowers afmaai by sy woning

Jy is ’n moordenaar! Ons gaan jou doodmaak, jou moordenaar! -Dít was die woorde van ’n groep mense wat Maandagoggend voor ’n huis in Lynnwoodrif, Pretoria, bymekaargekom het nadat die huiseienaar Saterdag twee rowers by dié huis doodgeskiet het. Die huiseienaar het intussen Maandag ’n klag van intimidasie by die Garsfontein-polisiekantoor ingedien. Luidens sy verklaring aan die polisie het sy tuinwerker hom omstreeks 10:00 geroep en gesê daar is “baie mense voor die hek wat lawaai” en dat hy moet gaan ondersoek instel. Buite sy hek het hy tien mense gesien, onder wie vier vroue. Intussen het ’n veiligheidsbeampte van Interactive Security op die toneel opgedaag. Die mense het op die huiseienaar geskree en hom ’n moordenaar genoem. Een vrou het geskree: “Jy is ’n moordenaar! Nou het ons jou adres. Ons sal jou doodmaak, jou moordenaar,” lui die polisieverklaring. Hy het die veiligheidsbeampte gevra om die polisie te ontbied, waarna die groep mense in hul voert…
Read more
  • 0

Onthou om Dankie te sê aan ons Moeders. Stuur Blomme, Geskenke en Lekkers Aanlyn Nou!

Hierdie Moedersdag, maak seker dat Ma, Ouma of die spesiale Dame in jou lewe weet dat jy dankbaar is vir alles wat sy gedoen het, en alles wat sy nogsteeds doen, en vir jou in die toekoms sal doen. So, wanneer is Moedersdag 2018? Hierdie jaar val dit op 13 Mei! Bederf haar met die mooiste Moederdagse geskenke en blomme en sjokolade! Sy sal beslis spesiale en ultra gelief voel. Kom ons maak Moedersdag 2018 die beste nog vir ons Moeders! Ons lewer Moederdagse blomme en geskenke landwyd af! KLIK HIER om ons wye verskeidenheid te sien! Moedersdag blomme of geskenke vir ma of vir die spesiale dame in jou lewe sal haar wys hoeveel jy haar liefhet en waardeer. Sal sy daarvan hou om bederf te word, of sou sy 'n persoonlike item verkies? Sal sy gelukkig wees met 'n boeket Moederdagblomme om haar dag op te kikker? Wat jou ma ookal verkies, sal 'n Moederdagse geskenkaflewering haar laat sien dat jy dink sy rock! Ons kan by U werkplek of huis in Pretoria, Johannesburg, Durban, Kaapstad e…
Read more
  • 0

EFF: As die Stad Tshwane nie die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein af verwyder nie,sal ons dit doen

“Ons doen ’n belangrike beroep op die Stad Tshwane, as hoofstad van die land, om Madikizela-Mandela te vereer. Sy het ’n enorme bydrae tot die land gelewer en word nie genoeg daarvoor vereer nie,” het Mabogoane Donderdag by navraag gesê. Hy sê die EFF het die Tshwane-metro twee opsies gegee: Kruger se standbeeld word óf verskuif na ’n ander plek, of word heeltemal gesloop. “Ons vra nog altyd dat die standbeeld verwyder word. Dit is ’n belediging vir swart mense. Indien die stad dit nie verwyder nie, sal ons dit self doen, ons het dit al voorheen gedoen.” Mabogoane sê hulle het in die stadium nie ’n sperdatum vir die stad om die standbeeld te verwyder nie, maar hulle is ernstig oor die saak. Hy sê dit is deel van die EFF se mandaat om ontslae te raak van alle simbole en standbeelde wat aan apartheid gekoppel is. Intussen het die VF Plus in ’n verklaring gesê hy distansieer hom van die EFF se versoek dat die standbeeld van Kruger vervang moet word met dié van Madik…
Read more
  • 0

Standbeeld van Paul Kruger gaan dalk vervang word met die van veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela

As die EFF sy sin kry, gaan die standbeeld van ZAR president Paul Kruger, vervang word met die veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela. Nie te lank gelede nie het die EFF nog gedreig om die Kruger-standbeeld te vernietig, en het nou “amptelik” gevra dat die beeld gesloop moet word om vir Winnie Mandela plek te maak. ‘n EFF-raadslid, ene Moaferika Mabogoane, het Paul Kruger, in dieselfde asem as John Vorster en Hendrik Verwoerd, “rassistiese apartheidsleiers” en “donker figure van ons lelike verlede” genoem. Die Vryburger
Read more
  • 0

Vroulike motoris van Pretoria gedood tydens rooftog

‘n Vroulike motoris is gedood tydens ‘n kontantwa roof in Pretoria Noord. ‘n Skietgeveg tussen Fidelity wagte en die rowers het gelei tot haar dood toe sy getref is deur ‘n koeël. Dit is die soveelste kontantwa roof in die afgelope weke en die rowers het gevlug met ‘n onbekende bedrag kontant. Die geldwa is opgeblaas en twee ander voertuie is beskadig. Kenners meen dat dit tyd word dat daar van “spookwaens” gebruik gemaak word om diegene in lokvalle te lok waar hulle summier doodgeskiet kan word. Deur: Die Vryburger
Read more
  • 0

Pretoria tot stilstand gebring deur vullisverwyderaars van SAMWU

Verkeer in Pretoria sentraal is tot stilstand gebring laas week deur protesoptogte van van vullisverwyderaars wat aan SAMWU vakverbond behoort. Die werkers kla dat hulle in onveilige werkstoestande verkeer en vrees vir die moontlike opdoen van siektes. Persoonlike beskermingstoerusting word geis vir alle werkers, terwyl hulle ook nuwe vullisverwydering vragmotors eis.
Read more
  • 0

Skoolhoof van Pretoria maak verskil in lewens van skoolkinders

“Elke oggend kan ek nie wag om by die skool te kom nie en te kan weet ek het die lekkerste broodjies by die skool en dan 1ste pouse kry ek ook nog ’n lekker bord kos. Dit gaan nie altyd so lekker by die huis nie. Maar ek weet ek word darm (sic) versorg elke dag en nag.” Een van die kinders van die Laerskool Genl. Nicolaas Smit in Pretoria wat geduldig in ’n ry staan en wag vir ’n bord kos – wat waarskynlik haar enigste vir die dag sal wees – het dié briefie geskryf. Sy is een van 360 kinders wat by die skool eet, want haar ouers het geen inkomste nie. “Tannie, tannie, dit voel of ek by ’n restaurant eet,” kom spog ’n klein graad 4-meisietjie oor haar bord kerrie-en-rys. Sy maak haarself sit net neffens my en begin met groot genoegdoening eet. Van die ander kinders storm baldadig op die Taalgenoot-fotograaf af. “Neem my af, oom. Neem my af!” Dit lyk nie of die feit dat daar nie kos by die huis is nie, hulle vreugde demp nie. ’n Skeppie kerrie-en-rys stil die honge…
Read more
  • 0

Kleinfontein – Ons God, Ons Volk, Ons Land

Kleinfontein is 'n nedersetting naby Pretoria, wat in 1992 deur Afrikaners as 'n kulturele dorp gestig is. Dei dorp is gestig deur afstammelinge van die oorspronklike Voortrekkers of Boere wat selfbeskikking gesoek het  in 'n outonome Volkstaat. Die kriteria om in Kleinfontein te woon, is gebaseer op kulturele, taalkundige, tradisionele en godsdienstige oortuigings. Die inwoners van die dorp assosieer hulself met die Voortrekker-geskiedenis, die Bloedrivierverbond en ander "historiese feite wat verband hou met ons stryd om onafhanklikheid vir die Afrikaners." Vanaf 2012 het  Kleinfontein een van Suid-Afrika se oorblywende blanke alleen-nedersettings geword en is deur die Gautengse wetgewer as 'n kulturele gemeenskap erken. Die grond wat oos van Pretoria geleë is en vandag  as  Kleinfontein bekend  staan het in 1988 tydens die viering van die 150ste herdenking van die Groot Trek onder Afrikaneraktiviste se aandag gekom.  Die plaas het hul aandag getrek omrede dit as ’n …
Read more
  • 0

Mango fruit fly infestation hits Pretoria

Residents of the quiet suburb of Gezina in East Moot, Pretoria, this week discovered a nasty infestation of mango fruit flies, also known as mango flies, Pretoria North Rekord reports. Charmaine Jacobsz asked for help on the ‘Moot se Mense’ Facebook page, after discovering 26 mango flies on her Maltese Poodle. “My husband saw mango flies in our garden a while back, but didn’t think much of it at the time. Shortly after this my Maltese Poodle began to look uncomfortable, and I could see she was in pain. A friend of mine who is a pharmacist assisted me in removing all 26 worms from her body,” she explained. Petra Odendaal’s 10-year-old daughter has bumps all over her body. According to Dr Jaco de Jongh from the Wilgers Animal Hospital, this is not the first case of mango flies. “We have seen an increase in dogs that have come into contact with mango flies recently. The flies lay their eggs under the animal’s skin, a larvae grows under the skin, and after a while it…
Read more
  • 0

Ingang van Hoërskool Hendrik Verwoerd gaan dalk binnekort ‘n nuwe naambord kry

Die bal is nou behoorlik aan die rol gesit om die Hoërskool Hendrik Verwoerd in die Pretoriase Moot eersdaags ʼn nuwe naam te gee. Volgens Olga Veldsman, voorsitter van die skool se beheerliggaam, is daar ʼn paar name op ʼn kortlys geplaas wat hierdie week aan die departement van onderwys gestuur is vir goedkeuring. Die skool het sedert 19 Februarie voorstelle vir ʼn nuwe naam ingevorder en die proses is op 19 Maart afgesluit. “Leerlinge, onderwysers, ouers, oudleerlinge en die gemeenskap kon voorstelle vir ʼn nuwe naam vir die skool maak,” het sy gesê. Veldsman wou egter nie in hierdie stadium oor enige van die voorstelle wat die kortlys gehaal het uitbrei nie en het enige verdere navrae oor die name na die onderwysdepartement verwys. Dit is ook nog nie seker wanneer die nuwe naam van die skool bekengemaak sal word nie. Sy het wel benadruk dat die skool en die beheerliggaam verbind is tot die waardes en doelwitte wat deur die onderwysdepartement uiteengesit word. “Di…
Read more
  • 0