[Foto’s] Diewe ‘waag lewe’ om kabels by sinkgat te steel

Foto: Verskaf

“Sinkgate en kabeldiefstal is die grootste probleme in my wyk en gister het albei ons tegelyk getref.”

Dit is die woorde van rdl. Ina Strydom nadat sy en ʼn span werkers Dinsdag reg deur die dag moes spook om naby ʼn nuutgevormde sinkgat in Thaba Tshwane (Voortrekkerhoogte) kragkabels te herstel wat gesteel is.

Strydom het Woensdag aan Maroela Media gesê vier hoofstroomkragkabels is in die vroeë oggendure in ʼn afgeleë en digbebosde gebied tussen Thaba Tshwane en Valhalla in Centurion gesteel.

“Die krag na Thaba Tshwane, 1 Militêre hospitaal en die Atteridgeville-gevangenis het tussen 02:00 en 03:00 afgegaan. Nagenoeg 50 m van elke draad, 200 m in totaal, is afgesaag en gesteel om verkoop te word,” het sy gesê.

Strydom het gesê toe sy en ʼn kontrakteur van die Tshwane-metro gaan ondersoek instel het om vas te stel wat die kragonderbreking veroorsaak het, het hulle die nuutgevormde sinkgat opgemerk.

“…

Read more
  • 0

Malaria-skok in Pretoria

Argieffoto. Foto: Pixabay.

Amptenare van die Tshwane-metro het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat gevalle van malaria in die stad se hospitale aangemeld is, sonder dat die betrokke pasiënte malariagebiede besoek het.

Rdl. Leanne de Jager, woordvoerder van Wyk 58 en lid van die stad se gesondheidsportefeuljekomitee, het Dinsdag ʼn navraag aan senior amptenare van die metro gerig nadat ʼn aantal gevalle van malaria oor die afgelope twee weke in die stad aangemeld is.

Sy het veral verwys na Kilnerpark in die Moot waar inwoners wat langs die spruit woon in ʼn hospitaal opgeneem moes word nadat hulle malaria opgedoen het sonder dat hulle in malariagebiede was.

Rina van der Grÿp, bedryfshoof van die stad se sentrum vir oordraagbare siektebeheer, het kort daarna terugvoer aan amptenare verskaf oor hul voorlopige ondersoek oor dié malariagevalle.

“Op 29 September is twee gevalle van Medicross Queenswood ontvang. Malaria is by…

Read more
  • 0

Seuns aangerand, besteel toe hul Pokémons gaan jag

Foto: screenrant.com

Twee laerskoolseuns is Saterdagmiddag aangerand en van twee selfone besteel toe hulle in Pretoria se Moot-gebied geloop en Pokémons vang het.

Een van die seuns se ma, wat verkies om anoniem te bly om die seuns se identiteite te beskerm, het Maandag aan Maroela Media gesê die seuns, onderskeidelik 12 en 13 jaar oud, het Saterdagmiddag gaan stap toe hulle omstreeks 16:30 aangeval is.

“Hulle was naby die kerk op die hoek van Louis Trichardstraat en 24ste Laan in Rietfontein toe hulle agterkom twee mans volg hulle te voet, met ʼn rooi Ford wat in die straat agter hulle aanry. Die volgende oomblik sê een van die mans: ‘Hey guys,’ waarna een van die aanvallers my seun se maat met sy arm in ʼn wurggreep beetgekry en sy foon afgeneem het,” het die ma gesê.

Haar seun het aanvanklik probeer om hom te verset, maar het die foon wat hy by hom gehad het, wat ook aan sy vriend behoort, laat gaan nadat die verdagte hom m…

Read more
  • 0

Dié Pta-woonbuurte dalk sonder water

Argieffoto: Wikimedia

Die Tshwane-metro het inwoners gewaarsku dat ʼn paar woonbuurte in Pretoria steeds Donderdag deur ʼn onbeplande wateronderbreking geraak gaan word.

Noodherstelwerk was veronderstel om Woensdag aan die toevoerpyplyn van die Meintjieskop-reservoir te begin, maar kon nie voortgaan nie omdat die reservoir te vol was.

Die reservoir is vroeër vandeesweek tydelik afgeskakel om die stad se span loodgieters in staat te stel om ʼn groot waterlek op dié pyplyn te herstel.

Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van die metro, het egter gesê die watervlak in die reservoir kon nie heeltemal leegloop nie, maar dat die watervlak intussen tot 23% gedaal het.

“Tegnici sal aanhou om die watervlak te monitor en hulle verwag dat dit oornag beduidend sal daal. As alles volgens plan verloop sal dit Donderdagoggend leeg wees en sal herstelwerk van 08:00 tot 16:00 op die pyplyn begin,” het hy gesê.

Die woonbuurte wat geraak g…

Read more
  • 0

Talle vrae ná seun by Pta-oord sterf

Bohlale Mokoena. Foto: Best Care-ambulansdienste

Die eienaar van die Zambibush Resort in die noorde van Pretoria waar ʼn sewejarige seun se liggaam Sondag in een van die swembaddens gevind is, het Woensdag gesê “dit is ʼn raaisel” dat sy liggaam nie vroeër gevind is nie.

Bruwer Nel, eienaar van Zambibush, het in ʼn verklaring gesê die tragiese dood van Bohlale Mokoena die afgelope naweek is vir al die personeel by die oord ʼn groot skok. “Ons is saam met sy familie verskriklik hartseer oor die tragedie en het ná die ontdekking van Bohlale se liggaam alles in ons vermoë gedoen om die gesin te ondersteun,” het Nel gesê.

Maroela Media het vroeër berig Bohlale het omstreeks 16:00 Saterdag by die oord vermis geraak. Volgens sy ma het hy “binne minute” net verdwyn. Personeellede van die oord en lede van die publiek het ure lank na Bohlale gesoek, maar sonder enige sukses.

Nel het gesê daar was skole wat die naweek die oord besoek het…

Read more
  • 0

Pta-woonbuurte deur wateronderbreking geraak

Foto: Pixabay.com

Die Tshwane-metro het inwoners gewaarsku dat ʼn paar woonbuurte in Pretoria Woensdag deur ʼn onbeplande wateronderbreking geraak gaan word.

Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van die metro, het gesê wateronderbrekings kan ervaar word weens noodherstelwerk aan die toevoerpyplyn van die Meintjieskop-reservoir.

“Die reservoir gaan tussen 08:00 en 16:00 tydelik afgeskakel word om die stad se span loodgieters in staat te stel om ʼn groot waterlek op dié pyplyn te herstel,” het Bokaba gesê.

Die woonbuurte wat geraak gaan word, is Arcadia, Bryntirion, Deerness, Eastcliff, Eastwood, Elandspoort, Lisdoganpark, Prinshof, Rietfontein, Rietondale en Riviera. Die middestad gaan ook geraak word.

Die metro het verskoning gevra vir enige ongerief wat deur die onbeplande onderbreking veroorsaak word.

Read more
  • 0

Pta-oord reageer ná vermiste seun (7) se dood

Bohlale Mokoena. Foto: Best Care-ambulansdienste

Meer as 20 personeellede van die Zambibush Resort in Sinoville, Pretoria, het Saterdag ure lank gehelp om na Bohlale Mokoena (7) te soek voordat sy liggaam Sondagoggend in een van die swembaddens gevind is.

Só het die bestuur van Zambibush Resort in ʼn verklaring gereageer op die tragiese verdrinking van die jong seun die afgelope naweek by die oord. Maroela Media het vroeër berig Bohlale het omstreeks 16:00 Saterdag by die oord vermis geraak. Volgens sy ma het hy “binne minute” net verdwyn.

Die oord het in ʼn verklaring op hul Facebook-blad gesê die oordbestuur is onmiddellik van Bohlale se verdwyning in kennis gestel en het dadelik in al die swembaddens, by al die waterglyplanke en deur die hele perseel na die kind gesoek. “Ons het selfs in al die velde en strate rondom Zambibush gesoek totdat dit donker geword het,” lui die verklaring.

Beamptes by die…

Read more
  • 0

Seun wat by oord vermis raak dood gevind

Bohlale Mokoena. Foto: Best Care-ambulansdienste

ʼn Sewejarige seun wat Saterdag by ʼn oord in Pretoria vermis geraak het, is Sondagoggend dood gevind.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê Bohlale Mokoena het omstreeks 16:00 by die oord in die noorde van Pretoria vermis geraak. “Volgens die kind se ma het hy binne minute net verdwyn,” het Loubser gesê.

Die bestuur van die oord het ʼn soektog na die kind van stapel gestuur, maar sonder sukses. Volgens Loubser het Best Care-ambulansdienste en die Tshwane-nooddienste die soektog om 19:00 oorgeneem. Daar is in die oord na Bohlale gesoek, terwyl polisieduikers die swembaddens gefynkam het.

“Daar was verskeie faktore wat die soektog beïnvloed het, onder meer die watertemperatuur en die beskikbare lig nadat dit donker geword het.”

Bohlale se liggaam is Sondagoggend in een van die swembaddens gevind. “Ons is verlig dat Bohlale se liggaam gevind i…

Read more
  • 0

PA kap na Trollip oor adjunk-pos

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro. Foto: Facebook

Marlon Daniels, raadslid van die Patriotic Alliance (PA) in Nelson Mandelabaai, het burgemeester Athol Trollip Vrydag daarvan beskuldig dat hy ʼn diktator is omdat hy nie wil hê die vakante pos van adjunkburgemeester moet gevul word nie.

Dit kom nadat die PA Donderdag amptelik aan die DA-geleide koalisieregering onttrek het, net drie maande nadat die koalisieregering die metro oorgeneem het.

Die PA het gedreig om sy ooreenkoms met die DA te staak indien Daniels nie as adjunkburgemeester aangestel word nie. Daniels het Vrydag in ʼn WhatsApp-boodskap beweer ʼn vergadering is vroeër die week gehou waartydens Trollip prontuit gesê het die stad het nie ʼn adjunkburgemeester nodig nie. Hy het gesê Trollip het glo gesê die metro het net ʼn burgemeester en LUR’e nodig.

Daniels het Trollip arrogant genoem en het die oorblywende koalisievennote, die African Ch…

Read more
  • 0

Pta-verkeersbeampte vas oor omkoopgeld

Argieffoto.

ʼn 45-jarige beampte van die Tshwane-metropolisie is in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ʼn motoris ontvang het.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), het gesê die beampte is Donderdag by die metropolisie se kantoor in Centurion in hegtenis geneem tydens ʼn voortgesette poging om van misdrywe in verkeersowerhede ontslae te raak.

“Die inhegtenisneming volg nadat ʼn klagte van ʼn motoris ontvang is wat beweer die beampte het R1 000 se omkoopgeld van hom geëis,” het Zwane gesê. “Die motoris is blykbaar voorgekeer nadat hy ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het. Die beampte het glo die omkoopgeld geëis toe die motoris nie sy rybewys kon vertoon nie.”

Volgens Zwane is die motoris glo na ʼn kitsbank vergesel waar hy die geld moes trek en aan die beampte oorhandig het. Die motoris het later ʼn klag by die teenkorrupsie-eenheid aanhangig gemaak.

“Ná weke se deeglike ondersoek is …

Read more
  • 0