Boer wil Midvaal Munisipaliteit Dagvaar na sy Beeste Vrek na Munisipale Rioolvuil Water in sy Dam Oorgeloop het!

‘n Vooraanstaande boer van die plaas Klipdraai in Rothdene wil die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit hof toe neem nadat verskeie beeste op sy plaas gevrek het. Frik van Greune sê daar is onlangs sewe beeste op sy plaas dood nadat hulle besoedelde water uit ’n dam op sy plaas gedrink het. Volgens Van Greune het dit gebeur nadat rioolvuil onlangs weer by ’n drein naby aan sy plaas oorgeloop het en in van Greune se plaasdam beland het. (more…)
Read more
  • 0

EFF Beledig Vakbonde en hou Onwettige Betoging by Ouetehuis in Pretoria, want Alles is mos glo “Rassisme”…

Die EFF se sogenaamde arbeiderslessenaar in Pretoria het Woensdagoggend ‘n onwettige betoging gehou by die ouetehuis Huis Herfsblaar, maar hulle is onder beheer gehou deur Polisie en die Bittereinders group wat gevra is om te help. Daar is glo meningsverskil oor lone en die sosialistiese EFF het blykbaar hulself nou as vakbond en regter aangestel? (more…)
Read more
  • 0

SAPD het Misluk om Gemeenskappe en Besighede te Beveilig in Onlangse ANC Onluste en Moet dus die Wapenwetsontwerp Terug Trek!

Dit is enige regering se primêre taak om wet en orde te handhaaf en stabiliteit te verseker, maar die ANC regering, ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Polisie en weermag, het oor die laaste weke in hierdie verantwoordelikheid geheel en al misluk. Regoor die land moes mense hulself, hul families, hul eiendom, en gemeenskappe verdedig en terselfdertyd beveilig, in ʼn tyd van grootskaalse onluste en anargie. Gelukkig is daar nog burghers met wapens wat die taak kan verrig in die afwesigheid van die SAPD en SANW. En wat nog erger was, is dat die arme inwoners deur die einste SAPD vermaan is omdat hul optredes glo onwettig was! (more…)
Read more
  • 0

Gauteng SAPD kon nie Onlangse ANC Onluste Ordentlik Bekamp nie Omdat Helfte van hul Blitspatrollie Voertuie nie Werk nie!

Meer as helfte van die 231 blitspatrollie voertuie in Gauteng staan stukkend ​​by polisiemotorhuise en privaat werkswinkels regoor die provinsie, sonder dat daar duidelikheid is oor wanneer hulle weer op pad sal wees. In totaal is 124 van die 231 blitspatrollie voertuie in die provinsie van die pad af volgens die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, meeste van hulle vir langer as 3 maande. (more…)
Read more
  • 0

Stadige Reaksie en Swak Hantering van Onluste wat tog Verwag was, ‘n Reuse Terugslag vir Reeds Swak Beleggersvertroue

Nie dat dit ‘n verbasing was vir mense wat die ANC se onbevoegtheid ken nie, maar die swak beplanning, al was daar waarskuwings dat onluste sou uitbreek, en die onbeholpe hantering van die onluste-situasie deur die ANC-regering en sy wetstoepassingsagentskappe, in KwaZulu-Natal en Gauteng laas week, het die reeds sukkelende beleggersvertroue in Suid-Afrika ‘n ernstige knou toegedien. (more…)
Read more
  • 0