Aankondiging van Nersa oor Tshwane-kragtariewe – stad mag tariewe net met 13.07% verhoog

Die VF Plus is vandag reg bewys oor krag deurdat NERSA die kragtariewe wat deur die Tshwane-metroraad ingedien is, verwerp het en eerder die voorleggings van die VF Plus, AfriForum en die Elektrisiteitherverkopers-assosiasie van Suid-Afrika (Erasa) aanvaar het. Volgens NERSA mag die stad die tariewe met 13.07% verhoog (vir die 2019/20 finansiële jaar), gegrond op die vorige jaar se struktuur (2018/19), en nie volgens die nuwe voorgestelde struktuur nie. Die aankondiging deur NERSA word ook as ‘n reuse oorwinning vir verbruikers beskou. Die raad wou ‘n totaal nuwe ingrypende struktuur implementeer wat ‘n vaste fooie van R56 vir alle verbruikers sou insluit asook spesiale winter-tariewe. Die ander groot strukturele verandering is die wegneem van die 2 kategorieë of kerwe wat die metroraad wou implementeer en die behoud van die bestaande 4 kategorieë of kerwe waarvolgens krag aangekoop word. Die nuwe struktuur sou klein-verbruikers, wat tipies laer-inkomste groepe en pens…
Read more
  • 0

Nuwe burgemeester van Tshwane kanselleer GladAfrica-kontrak – firma wat tender onregmatig ontvang het was onder meer daarvoor verantwoordelik om dienslewering te monitor

Die metroraad in Tshwane het met die ingenieursfirma GladAfrica ooreengekom om hul omstrede multimijoenrandkontrak te beëindig. Stevens Mokgalapa, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro, het dié aankondiging Maandag op 'n mediakonferensie in Tshwane-huis in Pretoria gemaak. Mokgalapa is vroeër die maand as die stad se nuwe burgemeester aangewys. Die ouditeur-generaal het bevind dat die tender wat in November 2017 aan GladAfrica toegeken is, onreëlmatig was. Hy het ook bevind dat die stadsbestuurder, dr. Moeketsi Mosola, met die toekenning van die tender die Wet op die Bestuur van Munisipale Finansies oortree het. Werksaamhede tussen GladAfrica en die munisipaliteit sal op 30 Junie tot 'n einde kom. "Ons gee hulle kans om die werk waarvoor ons hulle reeds betaal het, klaar te maak," sê Mokgalapa. "GladAfrica was besorg oor hul reputasie wat weens die sage skade lei en was bereid om die kontrak te kanselleer. Daar is nie noodwendig iets fout met die w…
Read more
  • 0