[Luister] Curriebeker en die Springbokgroep vir die Rugbykampioenskap

Wynie Strydom

Hennie Koortzen en Wynie Strydom gesels oor verlede naweek se eindstryd in die Superrugby-toernooi, die begin van die Curriebekerreeks en moontlike spelers vir die komende Rugbykampioenskap in die lig van beserings wat die span teister.

Luister elke Donderdag om 19:05 na Rugby-Radio op Pretoria FM. Besoek ook Maroela Media se rugbyportaal, Pale Toe!

Read more
  • 0

Bejaarde egpaar dood gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde egpaar van Pretoria is Woensdagoggend dood in hul huis aangetref.

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar se huishulp het omstreeks 06:00 op hul liggame in die huis in Hercules afgekom. Sy het dadelik die polisie ontbied.

Volgens Huma is die 87-jarige man en sy 83-jarige vrou met koeëlwonde in die kop aangetref. ʼn Vuurwapen is ook op die toneel gevind.

“In dié stadium is die motief vir die voorval nog nie bekend nie en dit word deur die polisie ondersoek,” het Huma gesê. Sy het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word deur die polisie gedoen.

Read more
  • 0

BoekeJol 2017 sorg vir reuse verskeidenheid

[promosie-artikel]

Dit is hierdie jaar reeds die derde BoekeJol- en FilmRolfees wat aangebied word.  Dit gaan werklikwaar ʼn fees van lees, luister, debatteer en kuier wees.  Die BoekeJol- en FilmRolfees vind vanjaar van 16 tot 20 Augustus plaas by Lynnwood Bridge in Lynnwood, Pretoria.

Dia van Staden, eienaar van Milestone Events & Training, oud-onderwyseres, lewensvaardigheidspesialis, televisie-aanbieder, radiopersoonlikheid en joernalis, het dié inisiatief in Pretoria kom vestig. “Die derde BoekeJol is gepak met hoogtepunte wat jou Kort-Kort na jou leesbril wil laat gryp. Neem deel. Wees deel. Kom deel jou liefde vir boeke, skrywers, musiek en allerhande mannewales. Dankie aan elke vrywilliger wat hul hande opsteek om Kort-Kort behulpsaam te wees,” vertel sy.

BoekeJol 2017 se feespromgram is bekendgestel met ’n feestelike samekoms wat afgeskop het by Jenna Clifford in Lynnwood Bridge, en daarna is daar heerlik by Citidel gekuier en saamgesels oor …

Read more
  • 0

Pretoria man word nog ‘n statistiek van taxi geweld na aanval met baksteen

Hulle het geslaan om dood te slaan. Carel Kruger (43) was oortuig daarvan toe die baksteen-houe vir die soveelste keer op hom neerreën. Selfs toe hy bebloed na twee lede van die Tshwane-metropolisie gehardloop het, een aan die baadjie gegryp en gesmeek het: “Help!” het een van die aanvallers nog ’n hou ingekry. “Die twee metropolisiemanne het net daar gestaan. Hulle was gewapen, maar het niks gedoen nie.” Toe vlug Kruger maar tussen die voertuie in Lavenderweg in die noorde van Pretoria in en bel ’n vriend om hulp. Ander lede van die Tshwane-metropolisie het wel later ingegryp en twee vermeende aanvallers gevang, maar Kruger sê hy gaan klagte indien teen die twee wat volgens hom net gestaan en kyk het hoe hy veg vir sy lewe. “Ek is kwaad. Omdat ons so moet lewe, dat ek net nog ’n slagoffer is soos duisende ander,” sê hy. Hy het Vrydagaand net na 19:00 in Lavenderweg gery toe ’n wit taxi bane verwissel en amper reg voor hom inry. “Ek het getoet en ligte geflik…
Read more
  • 0

[Video’s] Vyf in hof oor KFC-voorval

‘n Skermskoot uit een van die video’s.

Die vyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar verlede week by ʼn KFC-restaurant in Pretoria, sal Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het vroeër aan Maroela Media bevestig Marius Harding (23), Ockert Muller (23), RJ Nel (40), Dicky Junior van Rooyen (24) en Joshua Scholtz (21) staan nou op ʼn aanklag van poging tot moord tereg. Hulle is aanvanklik van aanranding aangekla. Een van die beskuldigdes word ook van die rig van ʼn vuurwapen aangekla.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die beweerde aanranding, wat by ʼn KFC-restaurant in Montana plaasgevind het, het wyd opslae gemaak nadat dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. Die beeldmateriaal, wat met ʼn selfoon opgeneem is, toon hoe ʼn groep mans na bewering ʼn egpaar aanval nadat die egpaar die ma…

Read more
  • 0

KammaFrans Guesthouse – One of our best sellers in Pretoria!

KammaFrans Guesthouse is located in Pretoria, 3.2 km from Pick 'n Pay and 4.7 km from Pretoria Boardwalk. Some rooms have a sitting area to relax in after a busy day. A terrace or patio are featured in certain rooms. The rooms come with a private bathroom. A flat-screen TV is featured. You will find a shared kitchen at the property. You can play ping-pong at this guesthouse, and the area is popular for golfing. Mooikloof bowls club house is 4.8 km from KammaFrans Guesthouse, and Wapadrand Shopping Centre is 5 km from the property. The nearest airport is O.R. Tambo International Airport, 38.6 km from KammaFrans Guesthouse. Free public parking is available on site (reservation is not needed). Facilities available: - Free Parking - Spa - Family Rooms - Airport Shuttle - WiFi - Non-Smoking Rooms To view more facilities at this venue then just click on the link below..... Book your room at this Hotel now! Find and Book your Cheap Flights here!
Read more
  • 0

Trump se Rusland-beleid gekaap

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Alex Brandon

’n Duidelik teësinnige president Donald Trump het verlede week wetgewing onderteken waarvolgens Amerika nuwe sanksies teen Rusland, Iran en Noord-Korea instel. Noord-Korea maak dalk sin, maar onverwagse nuwe sanksies teen Rusland en Iran in ’n tyd van reeds verswakkende verhoudinge met beide belangrike lande, maak eenvoudig nie sin nie.

Trump se waarskuwing nadat hy die wetgewing onderteken het, naamlik dat die verhouding tussen Amerika en Rusland ’n gevaarlike laagtepunt bereik het, is belangrik. Dit dui daarop dat Trump die erns van die krisis verstaan. Amerikaanse politici buite die Withuis is egter sodanig verenig in hul haat vir Rusland dat ’n veto deur Trump net tot groter verdeeldheid binne sy party en tot meer bespiegelinge oor Trump se verhouding met Rusland aanleiding sou gee.

Verlede jaar tydens die Amerikaanse verkiesingsveldtog was Trump se boodskap duidelik. Amerika moe…

Read more
  • 0

Vandag se sportnuus

Atletiek

Die IAAF se wêreldkampioenskap het gister sy vyfde dag beleef. Suid-Afrika spog met nog ʼn gouemedalje en is nou derde op die medaljeleer.

Wayde van Niekerk het gemaklik sy titel in die 400 meter verdedig en weer met goud weggestap

Wayde van Niekerk en Akani Simbine sal môre aan die 200 m-halfeind deelneem.

400 m-hekkies halfeind

200 m-uitdunne

Rugby

Die Springbokspan het gister in Port Elizabeth aangekom waar hulle gaan voorberei vir die eerste toets in die Kampioenskap-reeks. Die wedstryd is teen Argentinië op 19 Augustus in die Nelson Mandelabaai-stadion.

Curriebeker

Drie wedstryde word vandag beslis

Gholf

Jordan Spieth gaan dié week poog om die jongste speler nóg te word om ʼn loopbaan Grand Slam agter sy naam te skryf. Daarvoor kort hy net die PGA-kampioenskap. Ernie Els slaan môre in sy 100ste Major-toernooi saam met ses ander Suid-Afrikaners af in die PGA-kampioenskap in Noord-Carolina. …
Read more
  • 0

Curriebeker-kollig Woensdag skerp op Loftus

Die kollig in die Curriebekerreeks val Woensdag skerp op Loftus Versfeld, waar die Blou Bulle en die Sharks in die Curriebekerreeks aanmekaar spring.

Dis albei spanne – nes die geval met Griekwas en die Westelike Provinsie is – se tweede van drie wedstryde in agt dae, en die spelers sal dit nou reeds aan hul lywe begin voel.

Die onoorwonne Bulle (twee wedstryde) is tans tweede op die punteleer, maar wat ligapunte betref gelyk met die Sharks, wat tot dusver twee van hul drie wedstryde gewen het.

ʼn Sege is vir albei van die uiterste belang, maar dit kan wees dat die Sharks net daardie tikkie sterker aansporing het.

Die Durbaniete moes drie spelers aan die Springbokgroep afstaan, en die Bulle net een.

Die Curriebeker-kampioen, die Cheetahs, sal op Nelspruit nog soveel moontlik punte wil verdien, voor hy sy Europese Pro14-ekspedisie aandurf.

Die Vrystaters kry oor ʼn raps meer as drie weke in Belfast, Ierland, sy eerste smakie van die n…

Read more
  • 0

Nuwe wending in soektog na man wat 31 jaar vermis is

Dennis Haynes soos hy gelyk het toe hy vermis geraak het. Foto: Facebook

ʼn Nuwe wending het Dinsdag aan die lig gekom in die soektog na Dennis Haynes, die man van Bloemfontein wat 31 jaar gelede spoorloos verdwyn het.

Desireé Haynes, Dennis se suster, het gesê ʼn DNS-toets wat gedoen is om die DNS van haar ma en die man wat hulle vermoed het is haar broer te vergelyk, was negatief.

Haynes het vroeër vandeesmaand gesê dat ʼn eerste DNS-toets ʼn verband tussen haar en die man wat hulle geglo het Dennis is, getoon het. Volgens Haynes oorweeg sy nou om nog ʼn DNS-toets te laat doen, maar het die familie nog nie daaroor besluit nie.

Maroela Media het vroeër berig Dennis was 22 jaar oud toe hy in 1986 van Bloemfontein na Roodepoort vertrek het vir ʼn werksgeleentheid. Dennis het egter nooit teruggekeer nie en sy familie kon hom nie in die hande kry nie. Hy is as vermis aangemeld by die polisie, maar ʼn soektog na hom het niks opgelewer…

Read more
  • 0