Zuma en Ramaphosa Skandale Bewys Politisering van die Openbare Beskermer en Konstitusionele Hof!

Dit is welbekend dat baie presidente President geword het om weg te kruip van agtervolging van korrupsie of ander skandale, en dit is nêrens waarder as wanneer jy eers president van SA geword het, dat jy kwytskelding van alle misdade sal kry. Met stories wat alewig verander, “sukkel” die arme OB en Konstitusionele Hof om Zuma se korrupsie te kan straf, en nou wil dit voorkom of Ramaphosa se leuens, of te wel “verandering van stories” ook onder die mat gevee word, omdat na hul mening, die area van ondersoek glo buite die veld van die OB val. (more…)
Read more
  • 0

“Die Kwaad Konstitusionele Hof is Geregtelik Emosioneel en nie in Ooreenstemming met ons Grondwet nie” – Zuma-stigting

Oudpresident Jacob Zuma se stigting het die uitspraak van die Konstitusionele hof, wat 15 maande tronkstraf opgelê het vir minagting, gekritiseer en gesê dit is “emosioneel en nie in ooreenstemming met ons grondwet nie”. Siende dat diê hof ook rassisme teen blankes goedgekeur het, met betrekking tot Covid hulp, is dit al lank bekend dat die Grondwet ignoreer word deur die hof, en hierdie soort betwissing die nagevolge daarvan is. (more…)
Read more
  • 0

Duisende Duiwe Verdwyn Tydens Wedloop in Brittanje! Verswakte Magnetieseveldsterkte en Sonstrale Word Blameer!

Voëlhanteerders is verpletter nadat meer as 5,000 duiwe tydens ‘n wedloop oor die Verenigde Koninkryk verdwyn het. Dit is ‘n feit dat die aarde se magnetiese veld verswak, en hierdie tipe gebeurtenis gaan meer gereeld gebeur. Ander verskynsels van hierdie is waar walvisse en dolfyne op de strande beland ens. Die diere gebruik die aarde se magnetiese veld as hul kompas, en hoe meer die pole skuif en die magnetieseveldsterkte verswak, hoe meer word hulle verwar. (more…)
Read more
  • 0

NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!

Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie. (more…)
Read more
  • 0