Emigrasie Belasting? ANC Regime Beplan ‘n Bykomende “Uitgangsbelasting” om op Emigrerende Suid-Afrikaners se Aftreefondse te Hef!

In die nuut gepubliseerde konsepbelastingwetsontwerp van die Nasionale Tesourie, wat die belastingvoorstelle in die begroting van 2021 bevat, bestaan 'n besonders kommerwekkende wysiging wat die noukeurig beplande aftrede van belastingbetalers kan beduiwel. Die Wysigingswetsontwerp op Belastingwette (TLAB) stel 'n bykomende "uitgangsbelasting" voor om aftreefondse van individue te belas, wanneer hulle emigreer en as Suid -Afrikaanse belastingbetalers uitree. Hierdie voorgestelde wysiging, wat op 1 Maart 2022 in werking tree, sal 'n verdere slag wees vir emigrerende Suid-Afrikaners wat hul belastings residensie wil staak, na aanleiding van die drie-jaar-insluitreël wat vroeër vanjaar op uittree-annuïteite opgelê is. Dit is belangrik om daarop te let dat die Wet op Inkomstebelasting No. 58 van 1962 (die Wet) reeds voorsiening maak vir 'n uittreebelasting waar 'n persoon sy Suid -Afrikaanse belastingresidensie stop. Dié wet skep 'n fiksie waardeur 'n persoon wat sy verblyf staa…
Read more
  • 0

56 Jaar Gelede het Dr H.F. Verwoerd SA se Eerste Atoomreaktor Geopen en 137 Jaar terug is Die Nieuwe Republiek Gestig

Vandag in geskiedenis: Dit is reeds 56 jaar gelede wat Suid-Afrika se eerste baanbreker atoomreaktor, SAFARI-1 (Suid-Afrikaanse Fundamentele Atoomreaktor Installasie-1) by Pelindaba kragstasie deur Dr. H.F. Verwoerd geopen is. Die potensiaal wat daardie aanleg darem gehad het… En 137 jaar gelede is die Nieuwe Republiek in Suid-Afrika gestig. Die hoofstad was Vryheid. Luister Hier: https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/08/6-aug-geskiedenis.mp3      
Read more
  • 0

Ses Gewapende Plaasaanvallers Dwing Werkers om Boer en Vrou uit Huis te Lok, om op Hulle te Skiet!

Ses gewapende plaasaanvallers het ‘n boer se werkers gebruik om hom en sy vrou uit die huis te lok in die vroeë oggendure in Noordwes. Die ses gewapende aanvallers het die werkers oorval, aangerand en vasgebind. Een van die werkers was forseer om die boer te bel, en ‘n lokval op te stel met die storie dat een van hulle siek is en dadelik hulp nodig het. Op hierdie manier is Gert en Elna Botha, uit hul huis gelok. Nodeloos om te se, het die aanvallers op die egpaar se voertuig losgebrand, die oomblik toe hulle by die werkers stilgehou het. (more…)
Read more
  • 0

Ramaphosa Voltooi Magsgreep en Neem Beheer van Staatsveiligheid en Verwyder Zuma Faksie Ondersteuners in Nuwe (nogsteeds Korrup) Kabinet!

Na ‘n vinnige “pouse” het Cyril sy nuwe groter kabinet onthul, nog voor meeste van die ANC daarvan geweet het volgens Jessie Duarte. Dieselfde strategie wat hy gebruik het met die Zuma inhegtenisname: laat die situasie vererger en slaan toe wanneer niemand dit verwag. Maar dit het ook baie sogenoemde kenners verbaas. Na ‘n patetiese vertoning, in wetstoepassing en die handhawing van wet en orde om SA burgers veilig te hou, behou Cele sy posisie! Watse houvas het die korrupte minister op’n selfs meer korrupte ANC? (more…)
Read more
  • 0

Skorsing (met Volle Salaris) van Ministers is nie Genoeg nie! 81% sê Korrupte Ministers Moet Afgedank Word!

Die lang lys van ANC ministers wat geskors word, of van hul pligte verlos word, gewoonlik nog op volle salaris, het groot debat ontlok. Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, is een van die mees onlangse ministers wat geskors is nadat hy in Junie op “spesiale verlof” geplaas is, hangende ‘n ondersoek na ‘n kontrak tussen die departement van gesondheid, en diensverskaffer Digital Vibes, met wie hy persoonlike vriende was, wat na bewering verdag is. (more…)
Read more
  • 0